Twee swaar gestraf vir verkragtings

Argieffoto

Twee mans is in twee afsonderlike voorvalle gevonnis vir onderskeidelik die verkragting van ‘n pleegkind en ‘n verstandelik gestremde vrou in Bloemspruit in die Vrystaat.

Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 38-jarige man is in die Bloemfontein-streekhof tot tien jaar tronskraf gevonnis vir die verkragting van sy 15-jarige pleegkind.

“Johannes Mokhothu het op 21 Mei 2016 omstreeks 06:00 sy pleegkind verkrag. Die meisie het aan die hof vertel dat sy dié Saterdag vroeg opgestaan het omdat sy klasse gehad het om by te woon. Haar pa het buite gesit en rook. Sy het na die buitetoilet gestap. Op pad terug huis toe het haar pa haar teruggedruk in die badkamer, haar gedreig om nie te skree nie en toe verkrag,” het Mpakane gesê.

Die slagoffer is daarna na haar suster se huis en het haar vertel wat gebeur het, waarna ’n saak aanhangig gemaak is.

In ’n ander onverwante voorval is Jacobus Richard Plaatjies (29) in die Bloemfontein-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n verstandelik gestremde vrou. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Dié voorval het 24 Desember 2014 omstreeks 23:00 plaasgevind. “Dit het tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom dat die slagoffer en ’n vriendin (ook verstandelik gestremd) na die vriendin se broer gaan soek het. Toe hulle nie die broer kon opspoor nie, het hulle besluit om die huis te verlaat, maar die verdagte het die vrou van agter gegryp en haar in die huis ingesleep waar hy haar verkrag het. Die vriendin het weggehardloop omdat sy bang was,” het Mpakane gesê.

Die slagoffer is toe aangesê om die huis te verlaat. Die slagoffer se ma het bloedvlekke aan haar rok gesien en dit het toe uitgekom wat gebeur het. “Die slagoffer is saam met die polisie na die huis om vir hulle die man uit te wys en hy is gevolglik 25 Desember in hegtenis geneem,” het Mpakane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Heidi ·

Baie bly oor die vonnisse alhowel ek voel die straf sal nooit genoeg wees nie.

Maroela, Maak net ASB die verwysing ‘peetkind’ reg.

Dankie

Janie Monsieur ·

Dagsê Heidi,

Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die vingerglip, en dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Janet ·

10 jaar. Dis n grap. Wat van lewenslank. Dis so goed hy het daai kind dood gemaak. Dalk kan die kind se liggaamlike wonde genees maar sy/haar siel en gees is vergruis.

Piet Pompies ·

Plek van veiligheid word plek van gruwel, is die keuring van pleegsorg dan nie streng?

Nee nee ·

Die straf van 10 jaar sonder minimum bepaling is te lig vir die daad, in Botswana lewenslank soos in die res van jou lewe – ek dink egter soos in die gevalle, ‘n kind en gestremde sou hierdie 2 stukke gemors doodstraf geniet het!!!!!! Regters regtig waar Seks oortreders kan NIE GENEES NIE. Hoeveel nog, eers as dit een van julle se kinders raak en glo my dit kan gebeur.

Pieter ·

My 9 jarige susterskind is in Nov 16 verkrag deur haar ma se verloofde, en ek bars n spat-aar as hy net vir 10 jaar gevonnis word!Lewenslank is die enigste gepaste vonnis in plek van die doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.