Twee swaar gestraf wat bejaarde verkrag

hof-hamer

Argieffoto.

Twee mans is Donderdag in die Pretoria-distrikshof gevonnis vir die verkragting van ʼn 92-jarige vrou.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê William Molaudzi (36) is tot vier keer lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 12 jaar tronkstraf gevonnis. “Sy medebeskuldigde, Xolani Ngudle (37), sal die volgende 12 jaar agter tralies wees,” het Mavimbela gesê.

Die voorval het 13 Oktober 2013 in Groenkloof in Pretoria plaasgevind. Die hof het gehoor die slagoffer het vir Molaudzi kos aangebied waarna hy agtergekom het sy woon alleen.

“Nadat hy sy maag vol geëet het, het hy iemand begin soek wat saam met hom by die bejaarde se huis kan inbreek. Die eerste kandidaat wat hy genader het, het geweier. Hy het uiteindelik vir Ngudle gewerf,” het Mavimbela gesê.

Die twee het toe by die slagoffer se huis ingebreek. “Molaudzi het deur die dak gebreek en toe deur ʼn opening in die plafon op haar bed neergeval.” Ngudle het die huis geplunder terwyl Molaudzi die vrou verkrag het.

Die twee het op die vlug geslaan met kontant en ander goedere. “Die twee beskuldigdes is op 22 Oktober 2013 in hegtenis geneem en was in aanhouding totdat die uitspraak Donderdag gelewer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Niccy ·

Ja nee ons gaan sien hoe krepeer hul van die honger en sal nie regtig kan help nie omdat dit deesdae ‘n risiko is om enige iemand te help.

anton ·

Julle sal verbaas wees hoeveel eie mense nie die aanvallers sal veroordeel nie.
En hulle beweeg hier tussen ons rond.

Mara ·

Bring terug die doodstraf… did al hoe hierdie dinge gaan einde kry!!!

Mielie ·

Wel nou is hulle op n plek waar hulle kos en ander dinge kan kry sonder om te moor.

Katrynkie ·

Die arme vrou… En dit het byna 4 jaar geneem om hulle te vonnis!!! Om deur so iets te gaan net omdat sy haar ontferm het oor iemand. Ek het my ook altyd maklik ontferm maar was gou ontnugter en doen dit net nie meer nie. My man is onlangs oorlede en een van die ‘n uitdagings is om die projekte waarmee ons besig was klaar te maak. Die man wat die huis buite geverf het, het my in die steek gelaat na my man se afsterwe en nie klaar gemaak nie en ons het hom nogal vertrou. Die fout wat ek gemaak het was om hom te betaal… Het iemand anders gekry op aanbeveling om die werk klaar te maak maar daar was ook probleme en ek het hom na n ruk laat gaan. Het besluit om self alles klaar te maak, maar het op die stadium net nie die krag daarvoor nie. Die tuin en swembad is in n toestand maar vir my die veiligheid kan ek nie iemand wat bekostigbaar is van die straat af kry om te help nie en ek kan nie profesionele dienste bekostig nie. Die buurman het my juis gewaarsku toe ek besig was om die motorhuis deur af te skuur en reg te maak om versigtig te wees en te kyk wat om my aangaan. ‘n Vrou in ons omgewing was blykbaar besig om in die tuin te werk toe mans haar oorval en in die huis ingedwing het.

Domvraag ·

Deur kos aan die mense te gee lok jy alhoemeer om te kom bedel en is jy, ja jy aandadig dat mense in die woonbuurt nie meer veilig is nie. As ons ook nie kos of geld gee aan die by kruisings nie, dan sal hulle padgee, maar nee ons gee en daarom is hulle daar.
Weereens belaglik dat 4lewenslange straf opgelê word en wat dan gelyktydig uitgedien word. Hoekom nie sommer 100lewenslange straf gee nie ? Lagwekkend of is dit belaglik.

Leser ·

Mense se goedheid word misbruik. SA is nou in so toestand, niemand weet wat vorentoe gaan gebeur nie. Van wedersydse respek is daar niks oor nie. Ek help eerder diere in nood wat ook in ‘n verwaarlosing is a.g.v die mens-dom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.