Twee swaar gevonnis vir tiener se herhaaldelike verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis nadat hulle gesamentlik skuldig bevind is op 12 aanklagte van die herhaaldelike verkragting van ʼn jong vrou.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê Scebi Cyprian Ndlovu (20) is skuldig bevind op sewe aanklagte van verkragting, terwyl Sanele Ngcobo (22) skuldig bevind is op vyf aanklagte van verkragting en een van diefstal.

Ndlovu is sewe keer lewenslange tronkstraf opgelê en Ngcobo vyf keer lewenslange tronkstraf, asook 12 maande vir diefstal, het Zwane gesê.

Volgens Zwane was ʼn 18-jarige vrou op 19 April 2014 op pad na haar huis toe sy deur die twee mans gekonfronteer en met ʼn mes gedreig is. “Hulle het haar in nabygeleë bosse inforseer waar sy herhaaldelik deur albei beskuldigdes verkrag is. ʼn Saak van verkragting is by die Inchanga-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Ndlovu en Ngcobo is kort daarna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anet ·

Ek hoop dat hierdie tronkstraf ‘n boodskap sal wees aan al die verkragters daar buite!

Susan Forret ·

Tronkstraf help nie. Bring terug die DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!

Paplepel ·

Laat ek nou sien, in ons huidige regstelsel, 7 x lewenslank = 10 maande en 5 x lewenslank + 12maande = 8 maande +mediese parool. Nee, kyk, die somme werk reg uit met die ervaring wat ons in die laaste 20 jaar opgedoen het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.