Twee swanger vroue sterf in ongeluk

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Twee swanger ma’s is Woensdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die N14 naby Beyers Naude-afrit in Gauteng.

“Een van Netcare 911 se ambulanse het omstreeks 14:50 op die N14 gery toe hulle op die ongeluk afgekom het wat kort tevore plaasgevind het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Volgens berigte van die toneel het die twee swanger vroue van die kliniek teruggekeer toe ʼn motor hulle op die N14 getref het.”

Paramedici en brandbestryders van Krugersdorp het na die twee vroue gehaas, wat ongeveer 50 meter ver deur die lug geslinger is voordat hulle op die middelmannetjie geland het. “Hulle is ongelukkig albei met die impak van die ongeluk oorlede,” het Botha bygevoeg.

Die motor wat hulle getref het, het ongeveer 100 meter verder tot stilstand gekom. Die toestand van die bestuurder is nie bekend nie.

“Die polisie stel verder ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ange ·

Ek neem aan hulle het nie hulle veilligheidsgordels aangehad nie as hulle so ver geslinger is?

Die artikel se “albei is op impak oorlede”.
Dis vier mense wat oorlede is of tel ongebore babas nie as mense nie? ?

CJ ·

Ek weet nie. Klink vir my of hulle geloop het toe ‘n motor hulle getref het. Dalk verstaan ek die artikel verkeerd. Hoe ook al dit gebeur het, is dit baie hartseer.

Rox ·

Soos ek verstaan was hulle nie in ‘n voertuig nie! Ek mag verkeerd wees.

n ·

@ ange, hulle het geloop want blykbaar is daar ‘n kliniek daar naby. so hulle kon nie hulle veiligheidsgordel dra nie.

Elize C ·

Ange, hartseer soos dit is, glo ek nie in Suid-Afrika vereis die wet dat ‘n ongebore kind as ‘n sterfte aangemeld hoef te word nie, net soos wat ‘n vroeggebore baba voor ek dink 20 of 25 weke, as “mediese afval” beskou word, en nie vir die ours gegee word om te begrawe nie, vele ouers moet omtrent by hof-bevele omdraai as hulle die vroeg(dood)-gebore babatjie se ligaampie wil kry. In sommige lande is dit egter wet dat daar by ‘n swanger vrou wat sterf, 2 sterftes aangemeld word, of selfs drie as dit dalk ‘n tweeling was.

Adele ·

Volgens nuusberigte oor die radio gister, het die twee vrouens die snelweg probeer oorsteek toe hulle deur ‘n aankomende voertuig getref is.

Bubbels ·

Wat hartseer is van dit is dat die bestuurder nou in die sop is en dit omdat die 2 moontlik nalatig was… Die N14 is ‘n baie besige pad… hoe steek mens hom veilig oor?? Mense dink nie!!

Dawie ·

Voetgangers op die N14 is n groot probleem, wat bitterlik vinnig n oplossing benodig. Die begin al amper n daaglikse gebeurtenis raak en ongelukke op N14 baie meer algemeen.

RIV ·

So jammer oor hierdie mense se verlies. Ongelukkig is voetgangers NIE VEILIG op ‘n hoofweg nie, en indien daar nie alternatiewe paaie reeds is nie, moet die regering (dmv die padagentskap) definitief aandag skenk aan die bou van loopbrue oor die snelwee, baie voetgangers verloor hulle lewens so. Jy het geen kans teen ‘n motor wat teen 120 km/u ry nie.

Fanie ·

So hartseer dit is bepaal wetgewing dat GEEN VOETGANGERS op snelweë hoort nie. Dit is landwyd ‘n probleem dat voetgangers hoofweë kruis wat dan soms lei tot hulle dood, baie skade vir die voertuigeienaars (wat normaalweg vir hulle eie skade dan aanspreeklik is) en nog kriminele sake teen die voertuigbestuurder terwyl die wet uitdruklik bepaal hulle hoort in elk geval nie daar nie. Jammer as ek hard klink maar het al vriende aan die dood afgestaan weens soortgelyke situasies en die bestuurder en sy passasiers dan ook sterf weens onwettige optrede.

N14 gebruiker ·

Ek ry gereeld die pad en daar is gedurig om elke hoek en draai mense wat oor die pad hardloop baie hartseer ek het gister op die ongeluk afgekom en die twee lyke in die middelman gesien le. Die nood dienste was reeds op die toneel, die kar wat hul getref het lyk vreeslik sleg. Onaangenaam en hartseer toneel om te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.