Twee tienermeisies glo verkrag, ‘grusaam’ vermoor

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat het Saterdag ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn onbekende aantal verdagtes wat glo twee tienermeisies van dié provinsie verkrag en toe “grusaam vermoor” het.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê werknemers van Botshabelo Industries net buite Bloemfontein het die polisie Saterdagoggend ontbied nadat hulle op pad werk toe op die meisies, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, se halfnaakte liggame in die Botshabelo-nywerheidsgebied afgekom het.

Volgens Mbambo was daar aan albei liggame verskeie steekwonde. Sy sê talle aanduidings, onder meer “die posisie waarin die meisies se liggame gevind is”, dui daarop dat die meisies moontlik eers verkrag is en toe vermoor is.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die meisies glo Vrydagaand by een van die twee se huis gekuier het. Mbambo sê hulle het rondom middernag die huis verlaat om sigarette te gaan koop, maar is nie weer gesien nie.

“Die polisie gebruik al die hulpbronne tot sy beskikking om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die grusame moord aan die pen sal ry. Dit mag nie geduld word dat jong vroue op hierdie barbaarse manier vermoor word nie,” sê sy.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om konst. Buza Monyak te bel by 078 265 0205 of die misdaadnoodlyn by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

De Villiers ·

Daar sal minder van hierdie tipe barbaarsheid plaasvind indien die doodstraf ingestel was.

Johanna Botha ·

Kan nie help dat regter Mabel se woorde by my opkom ….so waar as mens dit lees en weet daar is 4 verkragtings elke min in SA …. VROT !

Marinda ·

Eks jammer, maar: hulle het om middernag die huis verlaat om sigarette te gaan koop. Regtig? middernag? hoekom het hulle nie vroer gaan sigarette koop nie? Dit is mos nou moeilikheid soek.

Se net.... ·

Daar was n tyd dat mens met veiligheid middernag kon rond loop. Is dit nie my reg om ter enige tyd in my land veilig te wees nie

Anoniem ·

Marinda, dis nou regtig ongevraagde kommentaar, blameer eerder die moordenaars as om die slagoffers te kritiseer.

MeisieMens ·

En hoekom moet die slagoffers altyd die skuldiges gemaak word?? Het mens geen reg om te gaan waar en wanneer mens wil nie. Alles in die land moet volgens die skelms, moordenaars en verkragters beplan word. En ons word van ons mense regte onteien.

Strussbob ·

Waar is jy mnr ons president? Sien jy hoe ons almal se kinders geen veiligheid en geborgenheid het in ons land nie. Want jy gee nie genoeg om vir jou eie mense nie.

tokkie ·

Baie hartseer,sterkte ek hoop hulle word gevang,geen kind moet so vermoor word nie,dit kan my en jou kind wees,ja baie hartseer.

Rika ·

Ons land gaan net meer agteruit. ‘n Mens se lewe is niks werd nie en die wet beskerm die misdadigers. Tyd dat ons weer iemand in bewend kry wat omgee vir die land en die mense. My hart bloei vir elke slagoffer van geweld

hendrik ·

Vir maande al probeer ek kommentaar lewer maar dit word nie geplaas nie. Miskien as ek polities korrek was of net plein vals was sou dit dalk geplaas word.

So is dit ·

Die hele wereld van ons is vrot maar al verskil tussen SA en die res van die wereld is dat SA se moordenaars en verkragters gewoonweg op straat rond loop en beskerm word terwyl in die res van die wereld moordenaars en verkragters lewenslank of die doodstraf kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.