Twee tieners dood tydens skietery in Johannesburg

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

Twee tienerseuns, vermoedelik 15 en 16 jaar oud, is dood en twee persone beseer tydens ʼn skietery Donderdag in Westbury, wes van Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 16:30 by die toneel in Pollockstraat opgedaag. “Een seun het buite die huis gelê en drie was binne die huis. Paramedici het hulle ondersoek en bevind dat twee seuns noodlottige skietwonde opgedoen het. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Twee mans, een in sy 20’s en die ander in sy 40’s, was in ʼn ernstige tot kritieke toestand. Hulle is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pot se lepel ·

As dit nou in die VSA was was dit nou n “mass shooting.” In RSA is dit lyk my alledaags. Ai jai jai

Sarel ·

Die Tragedie….dit is wat gebeur wanneer wetsgehoorsame burgers ontwapen word en misdadigers deur Regeringsoptrede bewspdn word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.