Twee tieners in hof oor brande by Kaapstad-stasie

Altesaam 18 treinwaens is verlede maand in die voorval by die Kaapstad-stasie verwoes. (Foto: Twitter)

Twee tieners het Woensdag in ʼn landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met die uitbrand van 18 treinwaens by die Kaapstad-stasie verlede maand.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê die vermeende brandstigters is in hegtenis geneem nadat geslote kringtelevisiebeeldmateriaal en foto’s van die twee versprei is.

“Volgens die voorlopige verslag het iemand een van die verdagtes op die beeldmateriaal, wat in die media en op sosialemediaplatforms versprei is, herken. Die gemeenskap het die polisie laat weet en ʼn 14-jarige verdagte is in Elsiesrivier in hegtenis geneem.”

Potelwa het gesê opvolgondersoekwerk het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn 15-jarige verdagte, dié keer in Delft.

Die twee bly in aanhouding tot hulle weer in Januarie in die hof verskyn.

Treindienste is ná die brand in die vroeë oggendure tydelik opgeskort en het groot ontwrigting vir pendelaars veroorsaak.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het ná die brand by die stasie na die voorval as ekonomiese sabotasie verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Deon ·

Ek hoop hulle sit vir ewig! Dalk tree hulle op namens iemand!

Bert ·

Ja, ek dink ook so.
Wie was dit nou weer wat gesè het hy gaan die land onregeerbaar maar?

Morne ·

Dat kinders op so ‘n jong ouderdom al met sulke goed betrokke moet wees.
Wat gaan in mens se gedagtes aan om te besluit om so iets aan te vang?

Frikkie Geld en huis ·

Hulle vlak van opvoeding is moontlik laag, armoede seëvier, kry geen liefde nie………ens ens.
Beloof so ‘n kind bv R1000, en hy doen dit, want hy voel dat iemand hom darem waardeer.

lanie ·

Dis die voorbeeld wat vir hulle gestel word, wat maak dat hulle so op tree. Sluit hulle toe en die sommer die ouers ook. Wat se opvoeding kry hulle? Ons sou nooit so iets gewaag het nie. Jou gat sou brand. Geluk aan die ANC. Dit is hulle wat al die goed voor praat. Nou lei almal daaronder.

Piet ·

Ek stem saam, waar is die kinders se ouers ?
Ek dink al word hulle nie aangekla nie moet hulle saam met die kinders in die hof verskyn sodat die publiek kan sien hoe lyk die mense.

daniel ·

Dis reg. Dis die anc wat lyfstraf in skole afgeskaf het, en sien wat die gevolge is.

jakes ·

Maak n voorbeeld van hulle en moet die hof ten minste n 20 jaar vonnis vir albei gee. Hulle is waarskynlik al van 10 jarige ouderdom lede van n bende. Laat hulle in die tronk vrot.

lion ·

Dit is sabotasie punt-hoop hulle sit lewens lank,en hulle ouers moet maar opdok vir die skade -wat nie sal gebeur nie -maak n voorbeeld van die 2,hulle het baie belasting geld gekos en mense se lewens ontwrig

AndrewL ·

Ten minste is daar lande wat sê as jy die dade van ‘n volwassene pleeg, word jy gestraf soos ‘n volwassene. Hier is hulle net bietjie stout.

Outoppie ·

Waar het hul dit geleer en gesien? Maar net by die volwassenis

Gerhard ·

En wat gn hul oorkom niks net skel en die spooragentskap wat kla in die penarie is ly nog verder daaronder

emily ·

Hulle wil hulle soos hul helde groot hou, Laat hull grootmens straf kry.
Vroeg ryp, Vroeg vrot.

Strand looper ·

Haai neeeee…..dis kinders….laat hul maar biekie speel…

Rooi Jan ·

Hierdie is twee bendelede hulle is aangesê om dit te doen, en die bendes op hulle beurt word deur die taxi industrie betaal om te verseker dat trein nie loop nie. Die leiers van hulle bende behoort die tronkstraf te kry.

Sputnik ·

Dit was Winnie wat destyds gespog het dat “met ‘n boksie vuurhoutjies dié land onregeerbaar gemaak gaan word”. Aanhangers van die verkeerde party.

Machiel ·

Dit is die nuwe land waarin ons leef danksy die anc en howe wat lyfstraf verbied. As dit my kinders was het ek hulle paint af geslaan en hulle gehok daarna tot hulle 20 jaar oud is. Maar nee, lyfstraf gaan mos die arme bloedjies se menswaardigheid aantas. Dis tyd dat ons weer ‘n regering kry wat in God glo…..

Die regte Grassie. ·

Miskien is die twee tieners net kanonvoer wat deur die werklike saboteurs gestuur is om die vuilwerk te doen. Tydens onluste gedurende die 1980’s het die ANC “comrades” kinders uit die skole gaan haal en voor gestoot om die spit af te byt terwyl hulle self op die agtergrond in relatiewe veiligheid gebly het. ,n Jakkals verander van haar maar nie van streke nie,

Wielspore ·

Die sogenaamde “soft approach” teenoor misdadigers veroorsaak dat dieselfde persoon oor en oor wette ootree want hy weet gaan daarmee wegkom. Intussen betaal belasting betalers ten duurste vir die herstel en vervanging van toerusting. Gebruik die misdadigers nuttig vir hande aarbeid om papiere op te tel, sypaadjies skoon te hou, tuine en plante by staats instansies te onderhou.

Dirk ·

Ek hou van daai woord opvolgwerk. Dit klink beter as om te sê Ons het die 2de verdagte se naam uit daai laaitie se bek uitgeklap.

Agge Nee ·

Het iemand al hulle gedagtes na die taxis gedraai? As die treine staan, skep hulle heerlik. Ek voel nogal dat die taxi base en vereenigings moet dopgehou word. Natuurlik het hierdie kinders vir iemand gewerk. Die beplanning was fyn gedoen en soos almal weet ‘n kind kom nie juis iets oor as hy ‘n misdaad pleeg nie

George ·

REDE!!! Omdat hulle nog nooit geleer het wat lyfstraf is as jy verkeerd gedoen het nie. Nee gaan aan en die wetstoepassers sal elke dag nog meer lesse leer (indien hul intelligent genoeg is om dit te verstaan)

Johann cb ·

Wie gaan namens die twee die beraamde skade van R61 miljoen betaal?

Johanna Botha ·

Gaan seker niks van kom of hulle gaan uit aanhouding ontsnap

Oupahen ·

Geen lyfstraf meer nie, so vra hulle mooi om dit asb. nie weer te doen nie.

Dries ·

Dit is die volgende Minister van onderwys en Minister van nasionale veiligheid besig met hul praktiese opleiding vir n honeursgraad .

toy ·

Hou hulle agter tralies asb. Hulle het geen benul van waar geld vandaan kom om iets te koop en aan die gang te hou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.