Twee tieners in hof oor moord op 17-jarige

Argieffoto: Kent Williamson

Twee tieners, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, het Maandag in die Mokopane (Potgietersrus)-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op ʼn 17-jarige meisie.

Maroela Media het vroeër berig Tebatjo Nkoana se liggaam is Saterdag op ʼn vullisterrein buite Mokopane gevind.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee seuns moet op 23 April weer in die hof verskyn vir aansoek om borgtog en verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Nkoana is die oggend van 12 April 2019 omstreeks 06:40 by haar huis weg skool toe, maar het nie weer teruggekeer nie. ʼn Verbyganger het die volgende dag op haar liggaam afgekom waar dit op die vullisterrein gelê het, steeds met haar skooluniform aan. Die polisie is ontbied en het hulle saam met nooddienste na die toneel gehaas. Nkoana was egter reeds dood.

Die polisie se voorlopige ondersoek het vasgestel Nkoana was ʼn leerder aan ʼn plaaslike hoërskool in Mokopane. Die polisie se ondersoek het uiteindelik gelei tot die inhegtenisneming van twee leerders van dieselfde skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Poppie ·

Slegs moord??? Glo verkragting gaan ook op die lysie gesit word… Watter wrede manier is dit nie om dood te gaan nie. Voel so jammer vir die ouers :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.