Twee tieners kort ná kaping vasgetrek

Argieffoto: SAPD

Twee tienerseuns sal Maandag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hulle Vrydag na bewering ʼn motor in Nyanga gekaap het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê ʼn silwer Nissan Almera is omstreeks 11:45 deur drie kapers gekaap. Die kapers het met die voertuig op die vlug geslaan en die polisie is in kennis gestel.

“Die gebied is gepatrolleer en binne tien minute is die voertuig in Marketweg in Philippi-Oos opgemerk en voorgekeer. Die drie insittendes het uitgespring en probeer vlug, maar twee van hulle is vasgetrek,” sê Traut.

Die twee verdagtes is onderskeidelik 15 en 17 jaar oud.

“Die derde verdagte kon daarin slaag om die polisie te ontduik en hy word steeds gesoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert ·

Die tweetjies begin hul lewe goed!! Hulle moet aangaan, jare se lekker lewe op die belastingbetaler se sak lê vir hulle voor, n baie blink toekoms!!!!

Skollie ·

Almal slaag nie met universiteits keuring…so dan word dit maar op n altetnatiewe manier gedoen
En….
Ek en jy betaal vir die gerief.
Gratis opleiding..
Koshuis en klere..n paar rand vir seep

Eintlik n slim move.

Elsa ·

Jip. Laas toe ons dit uit gewerk het, was dit R375 per persoon wat die belastingbetaler per dag per persoon betaal. Gratis huisves ting, hospitaal koste, 3 maaltye, studies….. Inderdaad n blink toekoms

Cherokee ·

Soos julle sê, entrepreneurs kan hulle miskien ook genoem word.

ne ·

As hulle op daai ouderdom al begin, gaan hulle goed vaar in SA.
Dalk ons volgende presidente.

Christien vd Westhuizen ·

Wat gaan nog gebeur wat my verstand te bowe sal gaan watter waardes en norms word aan hulle geleer hygend herd red n nasie

Johanna Botha ·

Die kinders het geen goeie voorbeeld vir ouers nie so dan is dit waarmee ons nou sit….scrap !

Kobus ·

Die jong mense word misbruik a.g.v hulle ouderdom dan kan hulle nie as volwassenes verhoor word nie. Soms ook toets as toelating tot Bende. Hulle glo dat die Bendes beskik oor die mag en tans is hulle nie ver verkeerd nie want die Polisie is magteloos a.g.v. die misdadigers se regte. Wetsgehoorsame mense het mos geen regte nie.

Hanna Hoekom ·

En as ou Lesufi sy sin kry, sit hierdie jong kriminele saam met ons kinders op die skoolbanke! Die hemel behoede ons.

jAN ·

lekker opwinding in die skool vakansie volgende week weer terug by die skool en kan spog met wat hulle reggekry het en geen haan kraai daarna.. lekker in rsa man lekker…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.