Twee tieners steeds soek

Anel Erasmus, die ma van Stephan Erasmus (17) wat sedert Donderdagoggend saam met Toni Siebert (18), die dogter van haar eksman, vermis word, was teen Maandagoggend niks wyser oor die verdwyning van haar seun nie.

“Ek was so positief gisteraand [Sondagaand], iemand het gebel en gesê hulle het hulle op ʼn bus na Pretoria gesien, moontlik ʼn Greyhound, maar dit was toe nie hulle nie – mense het oral gekyk maar hulle was nie daar nie,” het Erasmus gesê.

Greyhound het volgens haar ook nog nie bevestig of die twee wel op die bus was nie. Erasmus, van Hoopstad in die Vrystaat, het aan Maroela Media vertel Stephan woon sedert Januarie saam met sy pa, Frans, en sy verloofde in Waterkloof in Pretoria.

Stephan en Toni se beursies, bankkaarte en selfone is glo nog in die huis gevind.

“Al wat weg is, is ʼn Xbox en ʼn kamera van Toni, nie eens baie van hulle klere is weg nie. Tieners van vandag gaan nêrens sonder hulle selfone nie.”

Erasmus vertel dat dit nie in Stephan se geaardheid is om weg te loop nie. “Hy is baie headstrong. Hy sal vloek en skel, maar nie wegloop nie. Hy is al deur baie die afgelope ruk.”

Stephan het ʼn groot tatoeëermerk van ʼn ram op sy linkerskouer en is lank en skraal gebou. Hy staan ook bekend as Ras, Rassie of Frans.

Erasmus vermoed die twee het saam weggeloop.

Frans, Stephan se pa, wou nie veel inligting aan Maroela Media verstrek nie en het navrae na die Pink Ladies verwys. Hy het wel bevestig dat hy Donderdag 06:40 nog vir Toni en Stephan gesien het en dat hulle weg was toe hy teen 07:30 teruggekom het by die huis.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het aan Maroela Media gesê volgens inligting kon Toni moontlik intussen haar hare rooi gekleur het. “Ek kan bevestig dat hulle nog nie gevind is nie, ons doen die beste wat ons kan,” het Rechner gesê.

Enigiemand met enige inligting kan ao. Nel, die ondersoekbeampte, bel by 012 4704200/4235; die Pink Ladies by 072 214 7439, 083 378 4882 of 072 620 7704; óf Anel Erasmus by 073 781 9936.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tande muis ·

Sjoe jaco dink jy nie dit is drasties om sulke aannames te maak nie so as ek in waterkloof bly dan is ek nie lief vir my kinders nie…..wens ek kan jou ontmoet…….om jou mooi te vertel….raak groot en kry n lewe..jy het nie n idee nie jaco so dit is net die kinders in waterkloof wat wegloop……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.