Twee tieners sterf in Elsburg-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee tieners is Sondag in ʼn ongeluk in Elsburg, Gauteng, dood. Twee ander persone het ernstige beserings opgedoen.

“Die vier het in ʼn blou Subaru-sedan gery voordat die bestuurder beheer oor die motor verloor en ʼn brug getref het,” het inspekteur Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.

Die tienerdogter en seun is op die toneel dood verklaar.

Die ander twee persone, ʼn vrou in haar 20s en ʼn man is na die Unie-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie,” het Mokheseng bygevoeg. “ʼn Voorlopige ondersoek het bepaal dat die regterwiel agter moontlik gebars het.”

Die motor het net ná die reddingspoging aan die brand geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.