Twee tieners vas oor 71-jarige se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee tieners is in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 71-jarige man vermoor het.

Die polisie in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê die Phoenix-misdaadvoorkomingspan het die twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, in hegtenis geneem op aanklag van moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en skerp ammunisie.

“ʼn 71-jarige man is Dinsdag omstreeks 17:00 in Daleview, Phoenix, geskiet. Hy was op pad na die moskee,” het die polisie gesê.

Polisiebeamptes het reageer op die skietery en die slagoffer is na ʼn hospitaal geneem, maar is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die verdagtes is byna onmiddellik in hegtenis geneem.

“Die oorledene is in sy kop geskiet. Die motief is nog in hierdie stadium onbekend.”

Die polisie het beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool, ʼn Astra-rewolwer en 94 patrone. Die beamptes het ook beslag gelê op die voertuig wat aan een van die verdagtes se ouers behoort, vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Bertus probeer jy dit
Ons sal jou ewig dankbaar wees. Dit is al holruggery@

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.