Twee tieners vas oor moord

Argieffoto (Foto: Bruno Glätsch/Pixabay)

Twee tieners, ʼn seun en ʼn meisie (albei 16 jaar oud), is Dinsdagmiddag in Hillbrow in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee tieners het vermoedelik ʼn 40-jarige man met ʼn inspuiting vol dwelmmiddels ingespuit. “Die slagoffer het gelê en slaap ná ʼn paar drankies, toe die tieners hom aangeval het.”

Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. Twee inspuitings is op die toneel gevind en sal na die forensiese laboratorium gestuur word vir verdere ondersoek.

Die verdagtes sal, weens hul ouderdom, na ʼn plek van veiligheid gestuur word totdat hulle in die hof moet verskyn. Hulle sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Estelle ·

As jy kan moor hoef jy dan mos nie na ñ plek van veiligheid geneem te word as gevolg van jou ouderdom nie? Dan het jy jouself as “nie meer kind” verklaar deur jou optrede en moet jy dalk maar saam die harde baarde agter tralies gaan sit.

Duimpie se Maat ·

Daar was geen verhoor. Dit is hoorsê Moet eers onweerlegbaar deur hof bewys word….. dan kan tronk oorweeg word. Jy sal bly wees as dit jou onskuldige kind os wat net op die verkeerde plek was.

PJC ·

Ek stem saam met jou Estelle ons regstelsel werk te sag met jeugmisdadigers. Wanneer jy met so ń persoon gesels kom jy agter hulle is al geharde misdadigers wat nog altyd weg gekom het met hul misdade deur agter hul jeugdige ouderdomme te skuil.

Alida ·

Mens leef in vrees elke dag. Daar is elke flippen dag iets anders.

Dis erg! ·

Moord bly moord… Maar wat as dit hulle pa of Oom was waarvoor hulle gevrees het as hy drink?
niemand weet wat agter toe deure aangaan nie. Maar by gesê die kinders raak almal na my sin te besig met moord…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.