Twee tieners vas vir seun se wurgdood

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Twee seuns van onderskeidelik 15 en 16 jaar oud is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 16-jarige seun van Pampierstad by Hartswater in die Noord-Kaap.

Maroela Media het vroeër berig ʼn verbyganger het Donderdag omstreeks 09:30 agter die Pampierstad-begraafplaas op die tiener se lyk afgekom. Die fietsketting waarmee hy vermoedelik verwurg is, was nog om sy nek.

Kapt. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moord kon nog nie vasgestel word nie.

Die verdagtes is Maandag kort ná 12:00 aangekeer. Hulle sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan sers. Lebogang Tobolo by 073 763 2015 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Ek wou presies dieselfde se! Groot skade is aangerig deur haar om n boer te beskuldig…ons is reeds op n warm plaat!

Annelize ·

Nou hoop ek die swart vrou wat so op FB wyd en syd verkondig het dat dit ‘n Wit boer is wat dit gedoen het, haar kommentaar sal terugtrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.