Twee toeriste in Wildernis oorval, beroof

Wildernis (Foto: Argief)

Twee Amerikaanse burgers is Woensdag in Wildernis aan die Tuinroete in die Wes-Kaap deur twee verdagtes oorval waarna hulle glo met ʼn mes gedreig en van hul besittings en kontant beroof is.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Pojie het die man en die vrou laatmiddag op ʼn uitstappie teen die kranse naby Leentjiesklip gegaan toe hulle op die treinbrug deur twee verdagtes voorgekeer is.

Pojie kon nie met sekerheid bevestig of die man wel met die mes gesteek is nie, maar het gesê dat “die man in die bres wou tree vir die vrou se veiligheid en toe ligte beserings in die voorval opgedoen het. Hy is ná die voorval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Die verdagtes het die toeriste van hul besittings, waaronder die sleutel van hul huurmotor, en kontant beroof en toe te voet op die vlug geslaan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van roof met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hansie Slim ·

Roof met “verswarende omstandighede”
IS DIT OMDAT HULLE AMERIKANERS IS?
Wat gaan nou eintlik hier aan. Die mishandelde boere is gewoon statistieke.???????????
Jammer vir die toeriste van hierdie saak sal ook niks kom nie. Hierdie is afrika en misdaad bestaan net nie hier nie. Ons hou stats die stats.

Willem ·

Nee Hans. Die verswarend is vanweë die feit dat daar ‘n wapen betrokke was. Jy’s welkom

marous ·

Jy is heel reg . Roof met verswarende omstandighede was voorheen ‘n hals misdaad . Hierdie is gewone roof , maar omrede dit buitelanders is wil die polisie dit gewigtig laat voorkom . Dit is ook onwaarskynlik dat die mense hul voete hier sal sit vir ‘n hof saak en dan loop die gemors vry by die deure uit .

Hanna Hoekom ·

Party mense wil ook nie luister nie: VSA het reeds in 2016 sy burgers teen SA (en spesifiek OR Tambo lughawe) gewaarsku. Gaan nou huis toe en verkondig dit asb!

ella ·

mense word gereeld daar aangeval. hoekom word daar nie voorsorgmaatreels ingestel nie. locals gaan juis nie eers soontoe nie. dit is n toeriste uitkyk. hulle moet borde daar opsit of toegangsbeheer maar toepas. tot iemand nou daar vermoor word.

Koos de Meyer. ·

Dis nou mooi advertensie vir ons land. Rowers nes.

Bly weg ·

Die cANCer se nuwe SA. Misdaadhool. Verstaan ook nie waarom toeriste nog hier kom uithang nie. Dié land is nie ‘n vakansieplekkie nie, dis ‘n plek waar jy post traumatiese stres sindroom kom opdoen, of erger, met jou lewe boet.

jean ·

So ironies!……wil hulle nie glo nie of wil hulle nie sien nie. Daar is borde opgesit wat almal waarsku dat hulle op eie risiko daar stap…maar nee, die buitelanders wil niks weet nie. Net soos die wat te diep swem aan ons kus en in die moeilikheid kom of verdrink….weereens lees hulle nie die waarskuwings teen gevaarlike strome.

Joann ·

@Jean, but yet, you beg us to make “farm murders” known, but all you say is “well they didn’t listen or read the warning signs”. In that case i can say the same to all Saffas and Farmers. You ignore the warning signs.

Alex ·

@Joann: Daar is ‘n groot verskil en jy weet dit. Die Amerikaners kom vrywillig hierheen ten spyte van waarskuwings, ons moet hier probeer leef, want ons het nie ander heenkome nie. Sonder geld of amnestie is ons stuck.

Viv ·

@Joann, you do realise that there is a tiny but significant difference in the examples you use, don’t you? South African farmers live and work in South Africa, most of them have no other choice. Tourists, on the other hand, are simply traveling through – by choice, and can return home when they want to. The warnings about danger are clear and easy to read. Ignore at your peril.
“Farm murders”, whether in italics or not, are real, horrifying, terribly cruel, and happen every week at least once. But honestly, if it doesn’t bother you, don’t mention it to anyone. Just be aware that America is changing too, and rapidly, and that no one else might be interested in helping you either when the time comes. Particularly with the history of America and it’s interference in the business of other countries. I doubt there’d be many around the world interested in the plight of Americans.

Jre ·

As ek so kyk en lees is Saffas darm maar glad nie vol simpatie nie, maar soek simpatie by die buiteland vir julle probleme. Julle lees nie die warning signs nie, so nah, kry vir julle.

Alex ·

Natuurlik sien ons die signs, maar daar is ‘n groot verskil. Die Amerikaners kan vinnig op ‘n vliegtuigie spring en na veiligheid vlieg – ons kan nie.

Anoniem ·

Bly asseblief net daar waar jy is, regte Suid-Afrikaners hardloop nie weg nie.

willem Botha ·

Manie ek stem 100% saam met jou hulle hardloop nie weg hulle stem vir die def party da/eff en hoop dan vir n wonderwerk.

Jre ·

@Manie, eks bly jy sê dit, nou voel ek nie sleg dat ek nie die jaar die effort ingesit het om April te gaan stem hierdie kant nie. @Willem, nee wat, stem net glad nie meer nie, nie die effort werd nie, jy kan sien op MM se kommentaar hoe Saffas oor expats voel. Is al 17jaar in die buiteland, en dié jaar was die eerste wat ek nie gaan stem het nie, maar nie die laaste nie.

peter ·

The SA government/ tourism department is directly responsible for all tourist assaults, robberies and murders because they PROMOTE SA as a tourist destination knowing the fact that there is a GOOD chance that these innocent tourists will be robbed, assaulted and/ or murdered…..
SA Tourism should advise every potential international tourist of the countries current (appalling) crime statistics so that these potential tourists can make an informed decision on wether to visit or not.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.