Twee toeriste verdrink in Oos-Kaap

Die NSRI se Mykonos Gemini-reddingsboot Foto: NSRI

Die NSRI se Mykonos Gemini-reddingsboot Foto: NSRI

Twee Britse vroue het naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die een vrou se liggaam is Vrydagoggend omstreeks 5:00 opgespoor. Die ander vrou se liggaam het Donderdagaand op die strand by die Woody Cape-oord uitgespoel. Sy was vermoedelik 21 jaar oud.

Die twee vroue het Donderdagaand omstreeks 20:00 saam met drie ander mense gaan swem toe hulle in die moeilikheid beland het. “Hulle was deel van ʼn groep gesondheidsvrywilligers wat by Woody Cape tuisgegaan het.” Vrywilligers van die NSRI het aandete geëet toe hulle hulpkrete van die strand af gehoor het.

“Die NSRI se lewensredders het sowat 100m die see in, drie van die mense gered en na veiligheid gebring.” Volgens Lambinon staan Britse-owerhede die oorledenes se families by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.