Twee ton gesteelde koperkabel teruggevind

DIe owerhede op die spoorlyne tussen Mariannhill en Shallcross. (Foto: SAPD)

Twee vroue en ’n man is in hegtenis geneem nadat onder meer twee ton gesteelde koperkabel ter waarde van R1,2 miljoen in KwaZulu-Natal teruggevind is. Die koperkabels behoort aan Transnet en Prasa.

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n multidissiplinêre span het inligting ontvang oor verdagtes wat koperkabel op die spoorlyne tussen Mariannhill en Shallcross steel en noodsaaklike infrastruktuur beskadig.

Die span is Woensdag laatmiddag na die betrokke spoorlyne waar hulle op twee ton gesteelde koperkabel afgekom het.

Die polisie het die omgewing vir etlike kilometers gefynkam voordat hulle ’n huis in die Ekuphumuleni-nedersetting gewaar het waar die koperkabels vermoedelik gestoor is.

Twee vroue is in die huis aangetref. Die span het die huis deursoek en daar is op nog R500 000 se koperkabel afgekom. Die vroue, albei 34 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde eiendom.

Die span is vandaar na ʼn ander huis in die nedersetting waar hulle ’n 47-jarige man aangetref het. Die polisie het ook dié huis deursoek en op koperkabel ter waarde van R700 000 afgekom. Dié man is ook in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes het intussen in die Pinetown-landdroshof verskyn in verband met die gesteelde koperkabel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piket ·

R1.2 M se waarde as as “scrap” verkoop word.

Maar R1.2M x 50 se waarde om te ontgin het en ten doel gestel het.

Niklaas ·

Laat diegene soos kabel stelers asook skrootwerfeienaars , wat hiermee betrap word , swaar boetes of tronkstraf kry. Soortgelyk aan hulle wat met renosterhorings gevang word. Die ontvanger van treinspoorstawe en ook koper kabels is die eintlike skuldige.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.