Twee transitorooftogte in Gauteng

(Argieffoto)

Twee afsonderlike transitorooftogte het Maandagoggend in Gauteng plaasgevind. Een verdagte is in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op agt vuurwapens.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die transitorooftogte het omstreeks 09:00 in Dobsonville plaasgevind.

“Onbekende persone het op ʼn geldwa geskiet. Die sekuriteitsbeamptes het teruggeskiet. Polisiebeamptes in die omgewing het reageer en hul voertuig is ook getref, maar geen beampte is beseer nie,” het Muridili gesê. “ʼn Lid van die gemeenskap, ʼn vrou in haar 20’s, het in die kruisvuur beland en ʼn skietwond in haar been opgedoen. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Geen geld is gesteel nie.”

Een verdagte is in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op ses vuurwapens en ammunisie. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

In ʼn afsonderlike voorval het polisiebeamptes omstreeks 11:00 vinnig reageer op ʼn transitorooftog in Westonaria. “ʼn Veiligheidsbeampte het pas kontant by ʼn winkel opgelaai toe ʼn onbekende verdagte op hom geskiet het. Die verdagte het die geld gegryp en te voet van die toneel gevlug.”

Polisiebeamptes het op twee vuurwapens beslag gelê wat in ʼn motor gevind is naby aan die misdaadtoneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

So soek die kriminele ook kersfees bonus dis sleg mense! Kan nie “silly season” hanteer nie

Sarel

Vind iit wie vrrskaf inligting

Genis

Die misdaat vlakke in SA is kommerwekkend… Net hartseer dat net sekeres dit weet en besef.. Mense ons stuur af op n ramp.. Ons voedsel sekuriteit is in gedrang, plaas moored, trokke wat brand, sinnelose moored op suksvolle mense… Ruik die rose… Bou maar n vol spens op… net vir ingeval…

Regverdigheid

Wees bewaaksaam dis die tyd van die jaar asseblief mense wees wakker let op wat om jou aangaan ….bly noemand is erenstig beseer.

LANA is ELANè

Bonusmnd is oppad as jy in Afrika woon. Wat nie lekker sin maak nie, hoe word beslag gelê op so baie wapens in beide rooftogte maar elke keer sleg een verdagte, is die wapens nie in die hande van die skieters nie❓