Twee transitorooftogte slegs minute uitmekaar in Gauteng

Die transitorooftog op Atlasweg. Foto: Twitter via @TrafficSA.

Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat betrokke was by ʼn transitorooftog Saterdagoggend.

Die voorval het plaasgevind op die N12 op Atlasweg.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens hom het dit omstreeks 08:45 plaasgevind.

“Verdagtes in ʼn Ford Ranger en ʼn Ford Focus het op die G4s-voertuig losgebrand en dit tot stilstand gedwing. Hulle het toe die voertuig met plofstowwe opgeblaas,” het Masondo gesê.

Volgens hom was daar egter geen geld in die voertuig nie en het die verdagtes met leë hande gevlug.

Veiligheidswagte van die maatskappy het geringe beserings opgedoen toe die verdagtes op die motor geskiet het en hulle vinnig moes stilhou.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot transitoroof. Die verkeer het vir etlike ure rondom die toneel opgehoop.

Volgens Masondo het daar nog ʼn transitorooftog Saterdag omstreeks 08:26 in Soweto plaasgevind – waarin ook ʼn G4S-voertuig betrokke was.

Volgens hom het vier verdagtes die voertuig genader nadat kontant by die Pick n Pay in Meadows in Soweto afgehaal is.

“Een veiligheidswag is in die arm geskiet en die verdagtes het op die vlug geslaan met ʼn onbevestigde bedrag kontant. Die polisie is nou op soek na hierdie gewapende verdagtes,” het Masondo gesê.

Hulle het volgens berigte in ʼn wit Toyota Corolla van die toneel gevlug.

Die transitorooftog op Atlasweg. Foto: Twitter via @TrafficSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Veronica ·

Kan nie glo dat daar nog nie aan beter/veiliger manier gedink kon word om transito rooftogte hok te bekamp nie. Iets soos helikopter/ hommeltuie wat uit opvolg motors beheer word, of so iets. Iewers moet daar iets wees wat sal werk!

Tuffy ·

Sien gereeld & daagliks hie ry Geld voertuie alleen by malls & besighede. As ek as jan publiek dut sien, sal riwers wat sulke goed haarfyn beplan, weet hoe maklik us dut om die manne te roof.

Selfbeskikking ·

Daarom moet ons ophou tyd mors met reenboog reenboog nog probeer speel en nou begin met onderhandelings vir selfbeskikking. Die land raak net al gevaarliker. In ons eie land kan ons almal veilig wees.

Pieter ·

Ek dink nie die huidige sogenaamde polisie is opgewasse teen hierdie sindikate nie ek dink die geld vervoerders moet hulle eie mense beter oplei en groter kaliber vuurwapens gee om terug te baklei.Die rooftogte raak net te maklik maar my opinie is omrede sa nie polisie het nie.

foxi ·

Groter kaliber vuurwapens? Nee ou maat, rowers in hierdie lekker land kry beter opleiding as die weermag self…….nie eens n kanon sal hulle stuit nie!

willie ·

Ek kan nie glo dit is toeval dat soveel G4S voertuie betrokke is by rooftogte nie! Wat my egter verbaas is dat hierdie voertuie baie kwesbaar is tov hul balistiesebeskerming en die feit dat hulle skynbaar nie paploopbande op het nie!

Carl ·

Die ou manne in die SAP het altyd gesê: “Ons is Springstof-deskundiges, plofstof kry jy in ‘n baba se doek”.

jaco ·

vir meer as 30 jaar reeds weet ALMAL hoe lyk voertuie wat geld vervoer. Gebruik gewone motors. Niemand sal weet daars baie geld in nie en hulle sal dus nie gekaap word nie.

willie ·

Wat bedoel jy, moet hulle sitting ducks in ñ sagtevel voertuig wees? Baie van hierdie rooftogte vind plaas weens inside info!

Cherokee ·

Mooi!!! Hier het ons iemand opgespoor wat inside info het! Baie dankie willie… jy weet opsigtelik meer as die buitestaanders en behoort dit nie geheim te hou nie. Vertel meer van dit wat jy ‘inside info’ noem. Die outsiders ken nie die insiders se info nie.

Evert ·

Êrens moet daardie “gewone” voertuie dan die ongewoon doen en groot bedrae geld in laai. Of moet die manne dan eerder kortbroeke en plakkies aantrek en die geld in inkopiesakkies plaas?

Muffin ·

Ek verstaan nie. SAP ondersoek n saak vir poging tot transiti roof. Dit was nie n POGING nie nie. Die roof was gedoen afgesien van die feit dat daar nie geld was nie.
Die wagte het ligte beserings op gedoen so ek voel daar moet n saak wees van POGING tot moord. Klaar uit en gedaan

Sue ·

Eerstens wil ek die piep kry oor almal wat hul beroep in Afrikaanse taal kunde gemis het, wat alewig net op almal se foute konsentreer.

Dan, rowers skiet en blaas n voertuig op met lewende insittendes in die geld wa maar NET n saak van “transito roof” word ondersoek? Wat van poging tot moord? Terrorisme? Of is dit aan die orde van die dag om op mense te skiet en hul voer waens te omplof Mnr President?

Piep ·

Sue, net om seker te maak jy kry die piep, taalkunde, geldwa en voerwaens is een woord en omplof is ontplof. Verder stem ek saam met jou.

Pieter ·

Ek dink as daar meer intelligente mense soos Sue in SA was sou ons ou volkie nie so gelei het nie ,Sue ek stem 100% saam maar dit wys die onbevoegdheid van die sogenaamde polisie

wim ·

Waar is die dae toe ons met huise sonder diefwering gebly het. Buitedeure het waarvan sommige nie eens ‘n sleutel het nie. Rooftogte soos hierdie uiters skaars is. Algemene misdaadsyfer laag is. Ons is vrede kan bly en werk. Kan in vrede gaan lang ente stap sonder om te vrees. Daardie dae is dalk nie verby nie! Dit is ons leefstyl al vir 20 jaar in nie-stedelike Mosambiek.

Jip ·

Dis tyd ja, hulle wil ons mos nou formeel nie meer deel van die samelewing he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.