Twee tronk toe oor ‘afskuwelike, barbaarse’ hondegevegte

Nie alle gevegshonde is so gelukkig dat wetstoepassers betyds toeslaan om hulle uit die kloue van gewetenlose organiseerders van “barbaarse” hondegevegte te red nie. Foto: NDBV via Facebook

Twee mans van Pretoria is twee jaar tronkstraf opgelê vir die reël van hondegevegte in Atteridgeville in die weste van die stad.

Wendy Willson, senior inspekteur van die Nasionale Raad van DBV’s, het Vrydag aan Maroela Media gesê Tebogo Maselwane, Thato Manzini en nog sewe mans is op 22 Junie in hegtenis geneem “met die bloed van hul honde nog vars aan hul hande”.

Van die honde was reeds dood vir wat sy as “die siek bevrediging van ander” beskryf het, maar die polisie kon tydens hul klopjag wel daarin slaag om 14 honde te red.

Maselwane en Manzini het skuldig gepleit, sê Willson, waarna landdros Pierre Lourens hulle Donderdag tot gevangenisstraf sonder opskorting of die keuse van ʼn boete gevonnis het. Lourens het hulle ook ongeskik verklaar om vir die volgende vyf jaar vuurwapens te besit of vir enige diere te sorg.

In sy uitspraak het hy gesê “die euwel van hondegevegte moet gestuit word” omdat dit presies is wat dit is.

Hy het dié wrede praktyk as “afskuwelik en weersinwekkend” beskryf en gesê ʼn duidelike boodskap moet oorgedra word dat “diegene wat dié gruwelike en barbaarse dade pleeg, gestraf sal word”.

Willson sê die saak teen die ander sewe beskuldigdes is tot 13 November uitgestel.

Klik hier om ’n video te kyk waarin die NDBV vra mense moet opstaan teen hondegevegte en die diere se lyding beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ronel ·

Dankie! Halleluja! Mag hierdie tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete ‘n les wees. Vir diereliefhebbers is dit beslis ‘n blye dag.

Vraagteken ·

Wielie, ek luister na jou brak se geblaf 364 dae van die jaar, hy kan vir 1 aand na my vuurwerke luister.

Skroef ·

Kyk ek is self n hondeliefhebber. Een ding wat my egter pka, is dir vraag of gierdie honde wat aangehou was im te veg, ooit gehabiliteer kan word om by mense te kan inskakel. By ander diere en weerlose kinders vertrou kan word?

Nettie ·

@Skroef – enige hond is soos ‘n kind – met die regte hoeveelheid aandag, liefde, dissipline, goeie sorg kan dit in ‘n liefdevolle huisdier ontwikkel word. Ek het ‘n hond aangeneem wat heel duidelik erg mishandel was – sy het geskrik vir die geringste geluid naby haar en altyd gekoes as jy net jou hand lig – maar nou is sy die liefdevolste (steeds senuagtige) ding op aarde!

Diereliefhebber ·

Ja beslis. Daar is bewys dat die honde defnitief gerihabiliteer kan word. In teen deel sal hierdie honde hulle lewe vir jou gee.

Snowball ·

Mag ek sê ek kry lekker oor hierdie vonnis? Want ek voel sommer erg bly! Hoop die ander 7 beskuldigdes volg dieselfde pad.

Hartseer ·

Dit maak my so kwaad, wens ek kon al hierdie honde red. Ek het self ‘n Red-Nose Pitty, en ons het net liefde vir hom – Hy het die mooiste geaardheid, sag en gentle. . EK dink dis onregverdig dat hulle net 2 jaar gekry het – en na die 2 jaar dan doen hulle dit net weer. .

Izél ·

Neem jy die woorde so uit my mond, Wielie.
Is dit omdat daar bloed by betrokke was en die honde se lyding daarom meer visueel was en die pyn van desibels en vrees minder visueel is dat klapperskiet nie ‘n strafbare oortreding is nie? Of is dit maar ‘n geval dat wetstoepassers faal om die skuldiges aan die pen te laat ry? Ek leef klaar in vrees vir my diere se part met die komende silly season. Divali was alreeds minder prettig.

Parlement ·

10 uit 10 vir landdros Pierre Lourens – ek hoop net die ander doen so voort met die tronkstraf sonder n boete of n opskorting.

Woedend ·

2jaar!! Net 2jaar!! Vir my is die vonnis gans te lig. Maak hulle toe in ‘n klein gebou en laat veghonde hulle verskeur. Dit maak my siek dat sulke mense altyd lig daarvan afkom. Ons regstelstel is in sy maai in!!!

Rotweiler ·

Ketting om die nek en laat los in ‘n leeu-kamp. As hulle uit die tronk kom gaan hulle maar net verder daarmee aan.

Ruby ·

Jippeee!

Hulle gaan dit aanhou probeer doen, ons moet dit aanhou beveg!

Alida ·

Tenminste is hulle gevonnis. Dankie tog. Vorige dieremishandelaars kom weg met n boete en of word net vrygelaat.

Leon ·

Dis nou wat ek like.Sit die gemors in die tronk.Hulle moet net ook hier in die wes kaap meer toeslaan.Hier word baie sulke gevegte gereel(onder gronds)natuurlik,want van die bruin mense is baie lief vir dut en mens sien gereeld die tipe honde wat hull aanhou is meestal van die veg honde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.