Twee tydens transitorooftog geskiet

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee veiligheidsbeamptes is Maandagaand tydens ʼn transitorooftog op die pad tussen Masoyi en Witrivier in Mpumalanga geskiet.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee transitovoertuie is glo met geweld voorgekeer in ʼn gebied waar daar geen selfoonsein is nie. Die rowers het op die bestuurders losgebrand en albei mans is gewond.

“Die rowers het plofstof gebruik om een kluis in elk van die voertuie oop te kry en het ʼn onbekende bedrag kontant uit die kluise gesteel. Hulle het ook met die G4S-veiligheidsbeamptes se twee pistole en twee koeëlvaste baadjies gevlug,” het Sekgotodi gesê.

Volgens Sekgotodi het die rowers ʼn swart BMW, ʼn wit VW Gholf en ʼn donkergrys of swart Mercedes Benz gebruik om die rooftog uit te voer. R5-patroondoppies is op die toneel gevind.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die veiligheidsbeamptes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is. Sy het gesê een van die beamptes se toestand was kritiek.

Sekgotodi het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die Valke se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

louis ·

Ek wil net weet hoe is daar twee G4S voertuie en net twee beamptes aan diens met die voertuie? Is ek verkeerd of was daar meer lede. Indien nie gee G4S regtig nie vewl om vir hul werknemers nie.

Grassie ·

Ek sien daar is R5 doppies op die toneel gevind. Dit is die wapen wat aan die SAP uitgereik word. Miskien was daar polisielede betrokke of anders is dit van die duisende wapens wat onverklaarbaar by die SAP weggeraak het. Hoe dit ookal sy, dit is wapens wat deur die regering uitgereik word om die bevolking te beskerm wat gebruik word om die bevolking mee te beroof en te vermoor. En dan het die regering die vermetelheid om gal af te gaan oor gelisensieerde wapens in besit van wetsgehoorsame landsburgers.

Hartverskeurend ·

beplande roof. onbevoegde optrede
Stem geldnood. hoekom op n plek waar min se sein is. watter SAPS is betrokke?

NEL ·

Soe maar die G4S manne is waaghalsig om in die nag in die gebiede te opereer en geld aftelewer. iNSIDE storie verseker ,Wonder van watse staal bou hulle die geldwaens en is hulle nie veronderstel om koelvas glase in te he nie. Ek dink die voertuie is te klein. Hulle sal darem nie ‘ kans gevat het met so ‘n ou Samil 100 weermag voertuig nie.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.