Twee uit motor geslinger tydens botsing; drie beseer

Argieffoto: ER24

Twee mense is dood en drie in ʼn kritieke toestand ná ʼn botsing Donderdagmiddag tussen drie voertuie op Malibongwe-rylaan in Johannesburg.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê twee mense, wat uit hul motor geslinger is, was reeds dood met die aankoms van nooddienste op die toneel.

“Die mense het langs hul voertuig op die pad gelê – daar was niks wat ons meer vir hulle kon doen nie,” sê hy.

Meiring sê drie ander mense is bygestaan deur ER24 en ander nooddienste, en na ʼn nabye hospitaal vervoer.

Hulle het matige tot ernstige beserings opgedoen.

Meer besonderhede oor die botsing is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Meraai ·

Ek onthou die veiligheidsveldtogte toe ons klein was in die sewentig/tagtigs. “Gordel vas gabba. Buckle up honey”. Daar word huidig bitter min gedoen aan padgebruik opvoeding. Dra sitplekgordels!

cor ·

Die meneere wat dit moet toepas ken nie eers padveilighed nie. Ry ek vanoggend werk toe, besluit mnr traffic cop hy het klaar sy mede cops opgelaai en tek uit n rolstoel parkeerplek reg voor my in, gelukkig ek ry n padwaardige voertuig en kon n ongeluk vermy. Sal mnr net so terloops sy hand waai blou lig aansit want skielik is daar n noodgeval en ry stadig oor my toe ons die selfde straat links draai raak mnr benoud en maak dat hy met die bmw wegkom seker gedink ek gaan padwoede uithaal. Soveel vir padveiligheid.

Gestremde parkering ·

In Nigel was die parkering vir gestremdes gemerk met ‘n bord wat lees: “Stupidity is not a disability”. Miskien Cor, sal jy nou verstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.