Twee uit SA verban oor renosterhoring, ivoor

Die ivoor en renosterhoring wat die twee Chinese glo op 29 Januarie 2017 in 'n sak in 'n restaurant in Houtbaai vergeet het (Foto: Valke)

Die ivoor en renosterhoring wat die twee Chinese op 29 Januarie 2017 in ‘n sak in ‘n restaurant in Houtbaai vergeet het (Foto: Valke)

Die twee Chinese mans wat Maandag deur die Valke se bedreigdespesies-eenheid in hegtenis geneem is nadat hulle ʼn rugsak met renosterhoring, ivoor en hul paspoorte by ʼn restaurant in Houtbaai vergeet het, is uit Suid-Afrika verban.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Bingchang Liao (24) en Jiawei Yang (27) het Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhoring in ivoor.

Maroela Media het vroeër berig die twee het Sondagaand ʼn rugsak met stukke verwerkte renosterhoring en ivoor by ʼn restaurant in Houtbaai vergeet waar hulle geëet het. Hulle het Maandagoggend opgedaag op soek na die sak en is na die nabygeleë polisiestasie verwys waar die pakkie glo vir veiligheidsdoeleindes ingehandig is. Met hul aankoms by die polisiestasie is hulle op die plek in hegtenis geneem.

Die waarde van die ivoor en renosterhoring in die rugsak beloop net meer as R60 000.

Volgens Ramovha het die twee toeriste in die lig van die bewyse teen hulle besluit om ʼn pleitooreenkoms met die staat aan te gaan. Hulle is gevolglik skuldig bevind op die aanklagte teen hulle en tronkstraf van vyf jaar opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is. Elkeen moes ook ʼn boete van R35 000 betaal, wat tussen die Wes-Kaapse natuurbewaringsraad en die batebeslagleggingsrekening verdeel sal word.

“Die twee is as ongewenste persone verklaar en dus verban om ooit weer die Republiek van Suid-Afrika binne te kom. Die hof het hulle beveel om onmiddellik die land te verlaat,” het Ramovha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wouter ·

Vyf jaar vir vyf jaar opgeskort. Dit is geen afskrikmiddel vir die res nie. Mens kan nie anders as om te wonder wil hulle regtig die stropery stopsit nie?

Kaspaas ·

Wat gaan met die Chinese aan nou word Donkies en leeus voor die voet afgemaai en geslag vir vel en liggaams dele.

Brie-brie ·

Ek dink die boete is te min. Vir ‘n dier wat besig is om uit te sterwe, kon hulle ‘n groter boete gegee het. Die chinese het genoeg geld.

Jan ·

Waar is Trump met daai muur. Maar die Chinese het dan der jare terug in die geskiedenis self ‘n wêreldberoemde muur gebou. Deesdae plunder hulle ander lande.

Jan maak n plan ·

Ons reg stelsel is n skande. Die twee moes eers n paar jaar in die tronk gaan sit het en dan lewenslank uit die land verban gewees het. Absoluut belaglik.

Cherokee ·

..en Zuma is steeds toegelaat? Watter skrikwekkende dubbele standaarde!!!

TAStrydom ·

Was dit ‘n Suid Afrikaner wat in China met ‘n sak dwelms gevang was het hulle lank in die tronk gesit en dit sou lank wees voordat hulle bevry sou word selfs met inmenging van SA se regering.

Nita ·

Hierdie straf is n skande! Dis eerder n aanmoediging! ‘So what’ as ons gevang word ons word net huistoe gestuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.