Twee uitlanders gevonnis oor renosterstropery

renosterhoringLSTwee mans, onderskeidelik van Mosambiek en Viëtnam, is vandeesweek in Mpumalanga weens renosterstropery gevonnis.

Alvao Fagustino Sifundza (31), van Mosambiek, is Donderdag in die rondgaande hof in Witrivier tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Hy is op 12 April 2014 in die Tshokwane-omgewing in die Krugerwildtuin deur wildbewaarders in hegtenis geneem. Hy het ʼn hoëkaliber-jaggeweer, ammunisie, ʼn knaldemper en ʼn byl in sy besit gehad. Hy is tot een jaar tronkstraf gevonnis vir oortreding, vyf jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en twee jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Hy is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Ngoc Cuong Pham, van Viëtnam, is Maandag in die Nelspruit-streekshof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook met R1 miljoen beboet vir handeldryf in renosterhoring en die besit van ʼn renosterhoring. Hy is ʼn verdere vyf jaar gevonnis vir rampokkery. Hy is in Mei 2012 saam met 13 medepligtiges in Bedfordview, Johannesburg in hegtenis geneem. Die sake teen sy medepligtiges is uitgestel tot 4 November wanneer ʼn verhoordatum bepaal gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swannie ·

Ek wonder waarom is die vonnisse so lig. Solank ons howe renoster stropery so ongeerg hanteer, sal die stropery nooit end kry nie. Renoster stropery behoort ‘n moordklagte te wees met gepaste vonnisse

scalla ·

doen dieselfde as wat hul aan die renosters gedoen het, nou moet ons belastingbetalers weereens vir die gemors sorg….

Gideon Erasmus ·

So bohaai elke dag oor die renosters wat geskiet word, maar die vonnise is so lig. Iewers is daar ‘n kommunikasie gaping tussen die howe en publiek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.