Twee Uniondale-boere vas ná skietery

Betogers buite Uniondale. (Foto: Twitter)

Twee boere van Uniondale in die Wes-Kaap sal vandag in die George-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering vroeër die week tydens betogings hul vuurwapens afgevuur het.

Drie betogers is glo tydens een van die voorvalle raakgeskiet.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die boere, onderskeidelik 48 en 49 jaar oud, is Woensdagaand in hegtenis geneem.

Dít volg ná afloop van ʼn deeglike ondersoek na twee onderskeie klagtes van poging tot moord wat vroeër vandeesweek by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak is.

Die boere het na bewering gedurende Maandag se betoging in die distrik van Uniondale albei, in afsonderlike voorvalle, in die rigting van betogers geskiet.

Maroela Media het vroeër berig die situasie was dae lank plofbaar weens ʼn betoging oor dienslewering wat die dorp tot stilstand gebring het. Die N9-snelweg asook die R339 was tydens die betoging gesluit weens onder meer buitebande wat op dié paaie aan die brand gesteek is.

Een van die boere en dié se gesin was glo op pad dorp toe toe betogers die pad versper het. Die boer het na bewering toe skote afgevuur.

Volgens Pojie het die twee voorvalle op verskillende tye in die loop van die betoging plaasgevind. In die een voorval is niemand beseer nie, maar in die ander is drie betogers glo raakgeskiet.

Die omvang van die betogers se beserings is nie in dié stadium duidelik nie.

Die boere is eers in hegtenis geneem nadat getuies verklarings kon aflê.

Volgens Pojie het die polisie tydens die inhegtenisnemings ook op drie vuurwapens beslag gelê waaronder ʼn rewolwer, ʼn pistool en ʼn haelgeweer. Dié vuurwapens sal gestuur word vir ballistiese toetse.

Die boere verskyn op aanklagte van poging tot moord, die rig van ʼn vuurwapen asook die onwettige afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn munisipale area.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Hendrik ·

Kyk hoe vinnig is hulle inhegtenis geneem vir onder andere afvuur van vuurwapen in munisipale are maar Malema se “ondersoek” is nog nie afgehandel nie ?????

Bert ·

Presies!!
Wat mag mens eintlik nog doen as ‘n groot panga swaaiende meute op jou afgestorm kom terwyl die polisie ‘monitor’???

Terry ·

Hulle kon nie eens die Lichtenburg voorval vervolg nie hoewel julle kwaadaardige wou.

Noodweer!

Hulle moes weer ons geld!

Riaan ·

Nou hoekom arresteer hulle nie die betogers ook nie. Stel hulle dan nie mense lewems in gevaar met die klippe wat hulle op die paaie pak nie en ook die klippe wat hulle na motors gooi nie. Wys net weer in Suid Afrika gaan dit beslis oor wie jy is. Die lands wette word toe gepas na gelang van jou bevolkings groep.

Anoniem ·

Wat ‘n groot klug – hulle het nog tyd vir speel ! Pleks hulle werk eerder !

As daar nie betogings was nie was daar nie geskiet nie ! Die pad sou oop gewees het om op te RY !

Wurmpie ·

En hoekom is Julius nie inhegtenis geneem vir die sfvuur van vuurwapen in munisipale gebied. Omdat die mense hul reg op selfverdediging toepas word hul inhegtenis geneem. Hoe werk dit?

Pieter ·

Dit is hoekom ons is waar ons is dit is mos elke ou vir hom self ons sal en kan nooit saam staan nie dit gaan ons ondergang wees

besorgde ·

Maroela media, kan julle asseblief die volle storie skryf, hierdie berig is uiters eensydig en nie die volle waarheid nie.

Mafoeta ·

Hoekom sien ons niks van al die skades gerig by Plettenbergbaai met die onlangse betogings nie. ASB

Hein ·

omdat dit nie in die media gewys word nie, as jy dit wil sien moet jy na You tube gaan en kyk wat in die land aangaan deur na Scott se LOVING LIFE kanaal te kyk

Rudi ·

Die wet sê die reg op betoog sluit nie geweld en oproerige gedrag in nie. Die wet sê ook dat elke mens ‘n reg het om sy lewe te verdedig, wanneer dit bedreig word.

Andreas ·

Ek haal die veteraanregsman Hans de Bruin uit Volksblad 22 May 2019 aan:

Art. 17 van die Handves van Regte bepaal dat elkeen die reg het om vreedsaam en ongewapen te vergader en te betoog (in Engels “demonstrate”).

Regmatigheid. Die klem val duidelik daarop dat die reg om te betoog nie ’n ongebreidelde en ongeorganiseerde betoging insluit soos ons dit feitlik sonder uitsondering sien nie.

Is brandende bande op ’n openbare pad ’n teken van vreedsaamheid en is klippe, bakstene, stokke nie wapens nie, en hoe word die woord “vreedsaam” vereenselwig met plundering, skade aan eiendom, brandstigting en dies meer?

Waar kom die naam “protesoptrede” vandaan? Watter bog! ’n Betoging is ’n betoging en dit moet voldoen aan die voorskrifte van die reg.

Wat ons in die media sien, is ’n duidelike beeld dat die gebiedende voorskrif van art. 17 geminag word.

Betogers is lief vir brandende bande. Behoort daar nie ’n wet of regulasie te wees wat die brand van bande op openbare plekke strafbaar maak nie? Hoekom? Dit het ’n vreesaanjaende effek en veroorsaak padversperrings en skade. Wat ’n mens in die media sien, is tog ’n duidelike voorbeeld daarvan dat betogings nie voldoen aan die voorskrif van die Handves nie.

Andreas ·

VF Plus, Dr Groenewald, kan julle nie ook hierdie aangeleentheid en die nie-toepassing van die wet deur die polisie onder CR se neus in die parlement bly vryf nie, dit elke keer as julle hom oor die boere pak.

Riaan ·

Jy behoort te weet dat enige reg ook sekere beperkings het. Hierdie slegte lui spul suurstofdiewe se betoging doen inbreek op my reg tot gebtuik van die pad, ens. waarvoor ek betaal!
Te lui en/ of sleg om te werk maar moet net alles kry terwyl die belastingbetaler maar net moet stilbly en betaal.
Patetiese korrupte siek land waarin on bly.

J ·

200 met klippe, pangas en stokke GEWAPEN dreig my veiligheid, gooi klippe deur my ruit, en dan is dit “hulle reg om te protest” ? maar as ek myself verdedig, dans dit poging tot moord?? Belaglik.

lh ·

Ek glo dit was omtrent ‘n STAMPEDE om by die Boere uit te kom, om die arrestasies te doen! Wonder net of dit jou bevordering positief beinvloed?

kobus ·

Ai…..Jy kon dit nie beter gestel het nie….,wens hul wil die boere wat vermoor word se verdagtes so vinnig soek,maar dit sal nooit gebeur nie (poging tot moord.maar as hul plaas eienaard aanrand .is dit net huisbraak ?)

Joan Strydom ·

Ek stem saam. Hoe vinnig kan die polisie reageer en beslag lê! Heel dag staan hulle rond sodat daar ’n polisieteenwoordigheid kan wees en dan, ewe skieli! Wat het van daardie padskraper geword waarmee hulle die pad begin oplig in Potchefstroom? NIKS!

Arie ·

Dis absoluut belaglik!!! Daar word daagliks boere vermoor maar dis wettig

pieter ·

Ek dink dus tyd dat die mense agter die betoggings gekry moet word, as hulle uit is is die betoggings verby.

Rubber ·

Die wet is vir wettelose. Mans wat hulle gesinne beskerm is nie die gevaar nie. Maar soos dit staan sal hulle waarskynlik tronk toe gaan en die betoger verder betoog. Utopia is nie Utopia nie.

ES ·

Hulle moes seker hul eie lewens beskerm – ek sou dieselfde gedoen het.

Felix, die wet maak voorsiening vir wettige betogings wat gereel word deur unies. Daardie betogings is onwettig.

Judiw ·

As belasting betalers het ons die REG om die paaie te alle tye te gebruik. Hoekom moet vredeliewende en wetsgehoorsame burgers hulle REG opoffer sodat die ander wat geen respek vir die wet en die gereg het nie ( en wie heel dikwels niks tot die opbou van die land in die vorm van belastings of werk lewer nie), hulle REG kan uitoefen? Is die een se reg dan belangriker as die ander s’n?

Slagoffer ·

Kligooiers het al motor-en vragmotorbestuurders se dood veroorsaak en ek praat nie eens van skade aan private voertuie nie. Hoekom word die klipgooiers dan nie aangekla vir poging tot moord nie? Op 8 Mei het die mense mos gestem, hoekom is hulle dan nou kwaad vir onskuldige padgebruikers?

Barries ·

Ek lees nerens dat die boere en/of hulle families se lewens in gevaar was nie. Ongerief as jy nie by die dorp kan uitkom nie is beslis nie ‘n wettige rede nie om jou vuurwapen te vuur nie. Jy kan mos nie sommer net in die rigting van betogers skiet nie. Of die betoging nou wettig is of nie is ‘n kwessie vir die polisie. Of hulle nou iets, of heelmoontlik niks, daaraan doen nie, gee die publiek nie die reg om dinge in eie hande neem nie, As jy steeds nie weet wat die wet bepaal nie, en telkemale sien dat jy net gaan tweede kom in geval van vervolging, moet jy maar die gevolge dra.

Judie ·

Dink jy nou vir een oomblik die media sal dit noem dat die boere en hul gesinne in gevaar was? Dan is daar mos nie sensasie en opstook van swart teen wit nie. Soos die reg se houding teenoor ons is kan ek jou die versekering gee niemand sal sommer net vir die lekkerte skiet nie. As my kinders by my in die voertuig is en daar is ‘n moontlikheid dat hulle beseer, verkrag of dalk vermoor kan word sal ek ook skiet of sommer ‘n pad deur hulle ry. Hulle is nie mense by wie jy kan stop en redeneer nie.

Jj ·

Dis gevalle soos die waar ons die mense moet bystaan en staat laat mooi verstaan as die boere gevonnis word gaan hulle moeilikheid he! Ons moet die boere by staan

Abe ·

Jj,
Watse moeilikheid voorsien jy gaan die staat he, as die boere gevonnis word? En hoe moet ons die boere bystaan?

Anoniem ·

As dit bekend is dat daar onwettige betogings aan die gang is, waar was die polisie om die situasie te hanteer? Ek was nie daar nie, maar dit klink of die boere skote afgevuur het omdat hulle bedreig gevoel het, Is dit omdat die polisie nie daar was om hulle teen die onwettige betogers te beskerm nie? Het hulle self die werk (beskerming) gedoen wat die polisie eintlik moes doen? Mens lees so dikwels “die polisie monitor die situasie”. Wast het dit om slegs die situasie te “monitor”?

Was daar ·

Die boere het hul self beskerm die betogers het hulle aangeval die twee wat toe gesluit is is toegesluit asgv ooreenkoms wat stakers met SAPD het, hulle sal ophou staak as hulle toegsluit word. Niemand is raak geskiet nie.

Anoniem ·

Skuus, ek is nou so ontsteld, ek tik te vinnig.

Die laaste sin moet lees: Wat help dit om slegs die situasie te “monitor”?

toy ·

HOU OP MET BETOGINGS en begin en PRODUKTIEFS DOEN. Mens raak nou dik want al wat gedoen word is betogings en nog betongs en brande en nog brande!

Johhnie ·

Ons wittes vat heeltemak te veel van die liefdevolle saggeaarde mensies

marous ·

Waar was die polisie ? Mense leef in vrees en daar word net gekyk . Wat is hoed se instruksies as sy mense aangeval word ? Die verdediging moet hom roep om te kom getuig oor misdaad en waarom mense wat hulself teen moordenaars moet beskerm vervolg moet word . Gaan gooi die parlement met klippe en brand bomme en kyk wat gebeur .

Dan ·

MAAR.. die uwe presidensie kan wapens afvuur na willekeur, ongeag van ligging en ongeag van bevoegdheid of wettigheid of te not?

Magaretha van heerden ·

Die wit mense moet kalm bly. Hulle word net vervolg en niks gebeur met die swartes wat die oorsaak is nie. Hulle mag maar moor. So niks moet gedoen word want jy is nog nie dood gemaak nie. Slegs as jy dood is mag jy optree. Dit is nou maklik verstaanbaar ne? Vra die Here vir wysheid en bly weg van die soort plekke.

Geitjie ·

En soooo are the days of our lifes in die nuwe SA. Julle mag nie maar ons mag!!!!

Willehond ·

As hy my met n klip gooi dan val hy my aan met n gevaarlike wapen. Klippe maak ook mense dood soos hulle al te goed weet. En die boer mag hom nie verdedig nie? Nou hoe nou?? Hulle moet net weet as hy my met n klip gooi gaan ek hom skiet! Finish en klaar! Dan kan die polisie my monitor!

suzette ·

En wat van ons boere wat so wreed vermoor word? Daaraan word niks gedoen. Moordenaars mag moor maar as n iemand net n skoot afvuur word jy vervolg dadelik nee man

thinus erasmus ·

Ja geitjie ek stem saam. Oor die slagoffers wat sterf word geen bohaai gemaak nie – maar as aanvaller of misdadiger aangerand word of sterf dan skree die hele land blou moord, tot ons eie geledere is tog te gretig om te veroordeel en die wet voor te hou soos Barries. Hallo! die wet beskerm nie meer enigeen se lewe en eiendom nie – ons is op onsself teen misdaad en teen die gereg te beskerm. Ek steun optrede teen betogers 100% hulle het meer as genoeg skade en lewensverlies veroorsaak en baie verkiesings om hul lewens te verander. Staan saam!

Barries ·

So Thinus, as jy dan dink omdat andere die wet kan breek, jy ook maar so kan doen, sonder gevolge, dan wens ek jou sterkte toe. As hierdie boere wel uit noodweer opgetree het en ek se weer, dit staan nie so in die berig nie, sal hulle onskuldig bevind word. My punt was jy kan nie net “in die rigting van betogers” skiet nie. Dan het jy probleme.

Manie van Worcester ·

Wag al lank dat so iets gaan gebeur, ook nie meer lank dink ek voor sulke optrede na plaasmoorde gaan kom, polisie en regering doen niks om sulke verwoesting te stop so iemand sal moet iewers iets begin doen voor daar grootskaalse vergelding kom

George in Bloem. ·

Dubbel standaarde weereens in aksie. Dis absolute skandalig. Geen normale persoon sal sommer net skiet nie. Hierdie mense se lewens was tien teen een bedreig maar die berigte sal weereens gemanupileer word om die wit ou te laat sleg lyk.Nou gaan hierdie arme manne hul wapens verloor en dalk nog hul vryheid ook en derduisende rande moet opdok vir regskostes ens. En die gespuis wat die klippe gegooi het en intimiderend opgetree het teenoor die manne en hul gesinne en boonop hulle reg op vrye beweging vertrap het loop daar buite rond so vry soos die voels. Die skreiende onregverdigheid hiervan maak my naar.

Hans ·

Ongelooflik!!! Misdadigheid sal nooit onderbeheer gekry word nie,want misdadigers wat beskadig/brand/ander se lewe bedreig en eiendom beskadig gaan al jare lank ongestraf. Iemand wat sy gesin beskerm teen geweldenaars word aangekla!!!!!

Jr ·

Ooh maar as jy wit is word jy vinnig gevang want jy kan nie in ń plakkerskamp verdwyn en weggesteek word

James ·

Laat dit vir hierdie boere ‘n les wees: Moenie verwond nie – skiet dood. En nie net DRIE nie – mik vir DERTIG. Gaan oefen bietjie op die skietbaan.

barend v d westhuizen ·

as die slegte sapd hulle werk doen sal dit nie nodig gewees het om te skiet nie maar as eimand my aan val sal ek my verdedig die 2 boere moet nou n saak maak teen die sapd wat volgens die grondwet mense moet beskerm en het dit nie gedoen nie

Dries Moolman ·

As een van my geliefdes dringend mediese hulp nodig het, en my pad van die plaas af dorp toe word versper deur betogers wat aanhou stem vir die mense teen wie hulle betoog, sal ek ook skiet om deur te kom.

JohanL ·

Dalk moet AL DIE BOERE opruk na die hof as die saak voorkom en ook gaan betoog. Betoog vir geregtigheid en pas “subtiele druk” toe op die landdros.

Chris Ws ·

Dis ONWETTIG om ‘n nationale pad te blokkeer.WAAROM word die kriminele wat hulle voordoen as “betogers” nie gearristeer nie?AfriForum kom help hier asb.Hier is ‘n klug spul aan die gang.Die SAP lede daar moet aangekla word van versuim om padgebruikers se regte te beskerm.

Hanlie ·

Barries, net een vraag sal jy toelaat dat jy en jou gesin bedreig word? Daarvoor het ek te veel murg in pype as ‘n trotse Afrikaanssprekende Afrikaner!!!!

Barries ·

@Hanlie. Natuurlik nie. Gaan ooknie help jy sit in die tronk nie. Wie gaan dan jou familie beskerm?

Andre ·

Kla n slag die organiseerders van n betoging aan wat handuit ruk, Hulle moet die verantwoordelikheid aanvaar indien hulle so iets reel. n Bestuurder van n voertuig op n openbare pad is verantwoordelik vir sy handeling.

GM ·

James, mens mag dit seker nie hardop sê (of tik nie), maar ek stem nogal saam met jou. Dis tyd dat die misdadigers uitgeroei word onder alle rassegroepe en dié wat aan die land wil help bou, begin saamwerk.

kolla ·

Wat, het hierdie boere lewendige ammunisie in ‘n skare ingeskiet en mense beseer? Gekkigheid, sluit toe en gooi die sleutel weg, dis nie die wilde weste nie en ook nie apartheid waartydens wit ouens met sulke dinge kon wegkom nie..

kolla ·

Die boere in daai dorp gaan nou nog meer gehaat word. Onskuldige boere gaan hieronder ly.

Chris Ws ·

Kolla die WARE storie sal nog uitkom.MM plaas net sensasie hier.Kom ek se vir jou ,as ek my in ‘n situasie bevind waar ek bedreig word deur klipgooiende misdadigers terwyl ek op ‘n openbare pad ry GAAN daar ‘n van hulle sneuwel.Ek sal nie waarsku skote skiet nie.Ek het my handwapen in 1980 gekoop en hom nog nooit op iemand gerig eers nie maar as my of my vrou se lewe in gevaar gestel word deur misdadigers sal ek met graagte hof toe gaan om my saak te verdedig as ek iemand noodlottig gekwes het.

Sarie ·

Kolla jy is reg. Voorheen is my kommentaar verwyder toe ek wou weet waarom daar pertinent na boere verwys word. Waarom nie bv verwys na twee motoriste of wat ook al, wat op die betogers geskiet het nie? Die betogings was sekerlik nie op die twee boere se plase nie!

Felix ·

Man, jy maak my dag! Die groot storie is die manne het maar vrot gemik, en daar mis jy dit als.

humor ·

kolla is jy dan in droomland. Hier gaan dit veel erger as in die wilde weste. Hier is dit 50 moorde per dag en wie weet hoeveel wrede aanvalle en hoeveel onluste en betogings en ek sal vir jou se die vet sheriffs sonder perde se g@tte sleep op die grond.

humor ·

En ook baie erger as in apartheid want die meeste moordenaars en misdadiger kom weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.