Twee van 12 ontsnaptes aangekeer

Argieffoto

Twee van die 12 verhoorafwagtendes wat uit die aanhoudingselle by die Seshego-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is Donderdagaand in Mankweng en Seshego aangekeer.

Tenashe Moyo (24) is in Madibapark in Seshego aangekeer en Usher Hamandanisa (27) is in Mankweng aangekeer. ʼn Derde verdagte, ʼn 24-jarige man wat nie een van die voortvlugtiges was nie, is ook in hegtenis geneem. Die drie mans het ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en vermoedelik gesteelde eiendom in hul besit gehad, het Ngoepe gesê

“Tydens die inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op twee vuurwapens, waaronder ʼn polisiepistool wat tydens die ontsnapping gesteel is, 27 patrone, 14 selfone en kruideniersware.”

Die inhegtenisneming volg ná ʼn voorval waar 13 verhoorafwagtendes op 6 September 2019 uit die aanhoudingselle ontsnap het. Die polisie het later bevind dat een van die persone wat verdwyn het nie ontsnap het nie. Hy is in ʼn ander sel opgespoor.

“Die voorlopige polisieondersoek dui daarop dat die ontsnapping omstreeks 21:30 tydens ʼn roetine selbesoek ontsnap het.” ʼn Taakspan is dadelik aangestel om die voortvlugtiges op te spoor.

Die 10 voortvlugtiges, wat onder andere vir sakerooftogte en oortreding van die Wet op Onwettige Immigrasie in hegtenis geneem is, is:
– Jeffrey Sekunda (40)
– Alex Chinengo (26)
– Edmore Madzudzu (34)
– Jeffrey Duvenegwa (37)
– Elvis Charo (26)
– Ida Jana (20)
– Cosia Mabena (19)
– Ludwick Dube (19)
– Luckson Manyangadzi (31)
– Mishak Brian (19)

Moyo en Hamandanisa sal binnekort in die Seshego-landdroshof verskyn op bykomende aanklagte van ontsnapping uit wettige aanhouding, roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die derde verdagte staan tereg op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Enigiemand met inligting oor die voortvlugtiges kan kol. Simon Mogale kontak by 071 479 2329.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

humor ·

Mense wat net nie besef wat is dissipline nie en lui en dromerig wag vir die einde van die maand en wat self n dik kriminele rekord het.

skurweberg ·

As jy nie die integriteit het om weerstand te bied teen omkopery nie, is dit een van die gevolge. Kry die onbevoegde bewaarders uit die stelsel uit en eis die onkoste om die vlugtelinge op te spoor van hulle diensvoordele. Belastingbetaler

Spokie ·

Skurweberg. Dit is nie onbevoegde bewaarders nie. Bewaarders werk by n tronk. Hulle het uit n polisiesel ontvlug. Daar is n verskil tussen polisie en bewaarders. Ek neem aan jy wou net sê hulle moet die onbevoegdes verwyder?

Bos ·

Dit is die rede hoekom doodstraf beter is. Teveel ontsnap en kos die belastingbetaler n fortuin in die tronk. Kom nou Ramaphosa doen iets drasties. Dit is wat jy nodig het om as President te oorleef.

Matt ·

Ramaphosa word deur die ANC voorgeskryf wat om te doen. Hy kan nooit alleen die besluite neem nie.

JohanR ·

Oe nee!! Het ek die sel deur per ongeluk nie gesluit nie? Ek is daarem soe stout! Totsiens ouens. Hardloop nou vinnig, en dankie vir die R10000.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.