Twee van binnelandse sake vas vir bedrog, uitbuiting

Argieffoto

Argieffoto

Twee beamptes van die departement van binnelandse sake in Limpopo is op aanklagte van bedrog, korrupsie en uitbuiting in hegtenis geneem.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn 36-jarige man wat as assistentbestuurder by die kantoor van binnelandse sake in Giyani werk, is vasgetrek ná ʼn lang en deurtastende ondersoek wat reeds in 2012 begin het.

“Die verdagte het in hierdie tyd na bewering omkoopgeld van asielsoekers van verskillende lande geëis tydens sy termyn as bestuurder van die vlugtelingsentrum by die Beitbrug-kantoor van binnelandse sake,” het Maluleke gesê.

Die tweede verdagte, ʼn 42-jarige immigrasiebeampte, is in hegtenis geneem nadat hy na bewering die paspoort van ʼn onwettige immigrant gestempel het wat in polisieaanhouding was omdat hy sonder die nodige permitte in die land was, het Maluleke gesê.

Albei verdagtes sal binnekort in die Musina-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marianne ·

Dis een van die hoof redes vir werkloosheid in S.A. die land se burgers wil allermintige salarisse en byvoordele he.
Onwettiges werk teen ‘n fraksie van die som en smokkel die geld Na hul mense toe.
Ongelukkig is DAAR baie van die onwettiges wat moordenaars is en Kom wraak neem oor die stand van hulle lande.
WAT MENSE NIE ALLES VIR GELD SAL DOEN NIE,…..

Johann ·

Ondersoek reeds van 2012? En net 2 is “gevang”….hahahahahahab. ja ahure

KarooKlong ·

Goeie werk Valke. Hoop daar is verdere opvolg ondersoeke ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.