Twee van Boeremag soek steeds parool

(Argieffoto: Unsplash)

Twee lede van die sogenaamde Boeremag se stryd om op parool vrygelaat te word, duur voort.

Broers Johan en Wilhelm Pretorius het die Pretoriase hooggeregshof in hul jongste aansoek om op parool vrygelaat te word versoek om die tyd wat hulle in aanhouding was – voor vonnisoplegging – in ag te neem wanneer ʼn besluit oor parool geneem word.

Die twee is sedert 2002 in aanhouding, maar is eers in Oktober 2013 gevonnis op ʼn rits aanklagte. Hulle is elk effektiewe tronkstraf van 25 jaar opgelê (35 jaar waarvan 10 jaar opgeskort is) en word by die Zonderwater-gevangenis aangehou.

Waarnemende regter John Mullins het die aansoek egter van die hand gewys.

Die broers het in die hof aangevoer dat die paroolstelsel wat gegeld het toe hulle die oortredings begaan het – dus die wetgewing voor 2004 – op hulle van toepassing moet wees. Hulle voer aan dat die nie-parool-tydperk van hul vonnisse bereken moet word van die tyd af wat hulle in hegtenis geneem is, dat art. 39(1) van die Wet op Korrektiewe Dienste nie op hulle van toepassing is nie, asook dat hulle reeds vir parool in aanmerking behoort te kom.

Johan en Wilhelm het onder meer ook aangevoer hul grondwetlike regte op gelykheid, vryheid en verhoorregte is geskend – en hulle het die hof gevra om hulle dadelik op parool vry te laat.

Dr. Lets Pretorius, Johan en Wilhelm se pa, is verlede jaar op parool vrygelaat nadat hy destyds in dieselfde saak tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Pretorius sê ingevolge huidige wetgewing moet ʼn gevangene die helfte van sy vonnis uitdien voordat hy in aanmerking vir parool kom. Diegene wat vóór 2004 ʼn misdryf begaan het, hoef net ʼn derde van die vonnis uit te dien voor hulle in aanmerking vir parool kom.

“Die argument is dat jy ʼn straf uitdien terwyl jy verhoorafwagtend in die tronk is.”

Hy sê indien die tydperk wat hulle voor vonnisoplegging in die tronk was dus in ag geneem word, is Johan en Wilhelm reeds sowat 18 jaar agter tralies.

Die regter het in sy uitspraak bevind die hof het tydens vonnisoplegging reeds die tyd wat Johan en Wilhelm agter tralies deurgebring het, in ag geneem toe op ʼn gepaste straf besluit is. “Indien dit nie gedoen is nie, sou die grondwetlike regte waarop hulle staatmaak, geraak word. Maar dit hét gebeur,” het Mullins in sy uitspraak gesê.

“Hulle is gevonnis tot korter tydperke van tronkstraf as wat die geval sou wees indien hulle op borgtog vrygelaat was.

“Om hierdie rede kom hulle in aanmerking vir oorweging vir parool vroeër as wat hulle sou indien hulle op borgtog was.”

Mullins het bevind die grondwetlike regte waarop die twee hulle beroep, word gevolglik nie geraak nie.

Pretorius sê Johan en Wilhelm oorweeg dit in hierdie stadium om teen die uitspraak te appelleer.

Ingevolge huidige wetgewing en indien die tyd voor vonnisoplegging nie voor dan in berekening gebring word nie, kom die twee in elk geval in Februarie volgende jaar vir parool in aanmerking.

Pretorius sê die Covid-19-bepalings, wat ʼn verbod op besoeke aan gevangenes plaas, beteken Johan het sy vrou sowat ʼn jaar gelede laas gesien.

Ook Wilhelm, wie se vrou intussen ʼn seuntjie gehad het, mag ingevolge die regulasies nie besoekers ontvang nie. “Wilhelm sien nou al vir ʼn jaar nie sy kind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frank ·

Wat ‘n lagwekkende, skeefgetrekte regstelsel het dit nie geword nie. Ook lankal tyd dat regbank begin verantwoordelikheid aanvaar vir slegte besluitneming. Maar nou ja, daars mos twee stelle wetgewing in die land.

Pieter ·

Laat hulle uit op parool. Hul oortredings is ‘n sondagpiekniek in vergelyking met staatskaping en die oortredings teen die grondwet van huidige politieke ampsdraers.

Wat van die Van Rooyen persoon? Sy pa is oorlede en wie gaan na die boerdery omsien?

Wat op dees Aarde ·

Is daai kind ooit Wilhelm se kind? Hoe kan hulle gemeenskap hê as hy in die tronk is? Iets maak nie sin hier nie….

Mieke ·

Maar later in die berig word daar gepraat van sy kind… dit maak nie sin nie.

Agge nee ·

Kom ons wees nou sommer oop en eerlik met mekaar. Hulle sal nóóit uit die tronk kom nie, net soos Janush Walesh (sp) nie uit die tronk sal kom nie. Hulle is blank en die reëls wat vir die hele RSA geld, geld nie vir hulle nie.

Suzette ·

Maar die leiers van die eff loop vry rond al is daar hoeveel aanklagtes teen hulle…

Misky ·

Dis mos belaglik en hoor net daai vonnisse!!!! Kyk wat gebeur daagliks hier buite en daai mans moes lankal uit gewees het. Ons regstelsel is verrot

Nie Verbaas ·

En verkragters en moordenaars word vrygelaat net om weer dieselfde te doen. Dan wonder politici hoekom daar geen respek vir hulle of die regstelsel is nie.

Hoekom ·

As jy wit is, 25 jaar vir iets wat jy gesê het om ‘n braai.

“Our people” 10 jaar vir poging tot moord. 20 jaar vir moord.

Heinrich ·

Hulle kan net sowel vry gelaat word; die land waarvoor hulle geveg het is lankal deur die ANC self gesaboteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.