Twee van ‘Crusaders’ gevonnis oor terreurkomplot

(Argieffoto: Unsplash)

Twee lede van die sogenaamde Crusaders-organisasie wat saamgesweer het om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val, is Dinsdag in die Middelburg-streekhof skuldig bevind en gevonnis.

Eric Donald Abrahams (55) en Erroll Abrahams (50) is skuldig bevind vir die oortreding van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede (POCDATARA) toe hulle beplan en voorberei het om op 28 November verlede jaar die terreuraanvalle uit te voer.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee was deel van die Crusaders-organisasie (National Christian Resistance Movement) wat die regering wou omverwerp en vervang met ʼn regering wat deur die organisasie gelei word.

“Die doelwit sou bereik word deur aanvalle op weermag- en polisieinstellings uit te voer, asook op informele nedersettings waarin swart mense woon,” het sy gesê.

Die saak teen Harry Knoesen word volgende jaar in die hooggeregshof aangehoor. (Foto: eNuus/Twitter)

Lede van die Valke se eenheid vir misdade teen die staat het die twee einde November verlede jaar in Kliprivier, in die suide van Johannesburg, in hegtenis geneem.

Albei is 15 jaar tronkstraf (waarvan sewe jaar vir vyf jaar opgeskort is) opgelê vir die voorbereiding en beplanning om ʼn terreuraanval uit te voer; vyf jaar tronkstraf vir die finansiering van terreur; vyf jaar tronkstraf vir die besit van ʼn verbode vuurwapen; vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen; vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie; en vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van meer as 200 patrone.

Die vonnisse word gelyklopend met die eerste aanklag uitgedien en die twee is dus ʼn effektiewe agt jaar tronkstraf opgelê.

Hulle is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die span ondersoekers en hul kollegas by die vervolgingsgesag geloof vir die werk wat hulle tot dusver gedoen het.

Die saak teen Harry Knoesen, nog een van die beskuldigdes, gaan op 1 Februarie in die hooggeregshof voort. Knoesen het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Hy is in Desember in sy huis in Middelburg in Mpumalanga in hegtenis geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Die grootste terroriste in Suid Afrika is die ANC, en ANC lig die EFF, en die ANC nog bietjie ligter die BLF!

Tsek! ·

Snaaks hoe vinnig hulle vasgevat word, hulle moet die regte kleur wees. Hoekom vat dit dan so lank om Malema vas te vat en te vonnis?

Jakes ·

Dis tyd dat die kiesers die ANC/EFF uitstem om ons te verlos van n korrupte regering. Die BLM beweging is n sirkus en lagwekkend om die minste te se.

Henro ·

Europa en Amerika se intelligensie diens moet by die ANC regering leer oor terrorisme. Hulle is seker so goed daarin omdat hulle self ‘n terrorisme organisasie is. Maar dis ook al wat hulle hier sal wil leer.

Pieter J ·

Ek wonder hoekom kom hierdie ouens so lig daarvan af in vergelyking met die boeremaglede van ń aantal jare terug. Die regter wat die boeremag verhoor het was duidelik van plan om hulle so na na as moontlik aan doodstraf op te lê. Sy houding teenoor die boeremaglede het my van die begin van die saak af opgeval as vyandig en wrewelrig.

Niklaas ·

Wat wil hierdie menere bereik met hul planne en dade,….. vrede en voorspoed vir SA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.