Twee van EFF bedank oor CR17-veldtog

Tebogo Mokwele. Foto: EFF

Twee lede van die EFF het uit die party en parlement bedank nadat dit aan die lig gekom het dat hulle geld van pres. Cyril Ramaphosa se ANC-presidensiële veldtog in 2017 (CR17) ontvang het.

Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, het die bedanking van die LP’s, Tebogo Mokwele en Nkagisang Mokgosi, bevestig.

Shivambu het die twee se bedankingsbriewe op Twitter gedeel.

Mokwele het gesê haar bedanking kom ná “diep en noukeurige introspeksie” oor die impak van haar verbinding met die president van die ANC en die land waarin daar geldwisseling vir haar persoonlike gebruik was.

Volgens Mokwele het sy tussen 2017 en 2019 R80 000 van Ramaphosa ontvang. “Ek het besluit om die [EFF] die tyd te spaar om my aan ʼn dissiplinêre proses te onderwerp. My optrede het die beeld en reputasie van die EFF in dispuut gebring.”

Mokgosi voer in haar bedankingsbrief aan dat haar besluit gegrond is op die feit dat sy nie die aard van haar verhouding met die ANC-president bekend gemaak het nie en dat daar ook geldwisseling was.

Sy het erken dat sy ook tussen 2017 en 2019 R80 000 van Ramaphosa ontvang het vir ʼn “persoonlike situasie”.

Volgens Mokgosi was dit oneerbaar om geld uit die “vyand se kamp” te ontvang en het sy die integriteit van die EFF skade aangedoen.

Shivambu het gesê die bedankings “verteenwoordig superieure vlakke van politieke dissipline” aangesien die vroue “ter wille van die organisasie” besluit het om opsy te staan.

Daar is oor die naweek berig dat prominente ANC-leiers ook derduisende rande deur die CR17-veldtog betaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anoniem ·

Maar hoe skelm is cr dat hy heul met die opposisie, sies mnr president

Eléne ·

Wat gaan die volgende Scheme wees wat hulle gn uitdink? Ons land is in so n gemors en nie die ANC of EFF stel belang oor SA se voortbestaan nie! Gister was dit R40 000. vandag is dit R80 000 ??! Ramaphosa moet nie eers daarop antwoord nie????

o ·

‘n Verkleurmannetjie op ‘n Smartie-box kan nie halfpad so deurmekaar wees nie. Hierdie land is een groot korrupte nes.

Anoniem ·

Dis indrukwekkend dat hulle self bedank.

Gaan hulle die geld teruggee?

Het hulle die Prez gaan vra vir geld? Het hy dit vir hulle aangebied?

Manie ·

Die hele spul korruptes inmekaar geweef. Die groot”stryd”wat kamtig gevoer was, was net om die land se geldlaaie oop te kry vir self verryking.

JV ·

Wonder of die 2 EFF lede werklik die geld ontvang het? Net so min as wat ek die ANC vertrou net so minder die EFF.

Patch ·

JV, ek het ook nogal oor presies dieselfde gewonder. Miskien is hulle deur die EFF betaal om die president sleg te laat lyk deur hierdie stories te versprei. Die een hand was die ander hand. Jong, in ons liewe republiek kan mens nooit seker wees wie steek die mes in wie se rug nie.

Ig ·

Nee wat, meeste politici is soos prostitute, as die geld reg is sal hulle enigiets doen

Anoniem ·

Ek wonder saam met jou.

En om sommer self te bedank, is te goed om te glo….dalk kry hulle agter die skerms vergoeding daarvoor ook.

SjN ·

Sal graag wil weet hoe die transaksie bedrag bepaal was en vir wat.

Arak ·

Natuurlik het hulle die ou geldjies ontvang. Ek sal darem graag wil weet of daar belasting betaal het op die fondsies, of hoef mens nou nie so ou meevallertjie by dies SAID te registreer nie? Wat van al die ander kaders wat ook so lekker ou bonussie gekry het van ons eerbare president af; Is hulle opgawes mooi op datum?

Dries ·

Ek sien met afwagting uit, na die moontlike ANC-lede wat ook geld ontvang het, se name.

Sou dit realiseer, mag di OB dalk, di uitdrukking: ‘slim vang sy baas’, beter verstaan, EN besef haar optrede het/gaan boemerang!

(Die name moes maar liewer uit di openbare domain gebly het)

Willie ·

Is die ANC en EFF opposisie of een? Al wat hulle doen is bevestig wat ons dink… Die EFF is maar net n ANC been

John ·

Mmmm….Sy het R80 000 van Ramaphosa ont vang vir ń persoonlike “situasie”… klink meer na ñ persoonlike “gunsie”…laat my terugdink aan die Bill Clinton / Monica Lewinsky debakel….he…he he…

Merie Perd ·

Let op die gebruik van woorde. “Die Vyand se kamp” en dan “die integriteit van die eff skade kan aandoen”.
“Bull dust ” die anc en eff is kop in een mus.

Arno Scheepers ·

Binne die anc en die eff is daar nie een wat NIE korrup is nie. NIE EEN NIE

Wurmpie ·

En die ander EFF mense wat geld ontvang het van VBS en die wat belasting skuld. Gaan hulle ook bedank

Annamarie Olivier ·

Al hierdie bohaai is om ons aandag van watter wette deurgestem word af te trek.

Geskok ·

Ongelooflik hoe hulle binne ‘n kort tydjie miljoene kon insamel vir die CR Campaign! Maar die ANC kan nie nou miljoene insamel om reg te maak waar hulle die land finansieel skade berokken het nie. Ons belastingbetalers moet!! Vir een persoon word R5 miljoen betaal tydens die campaign. Ek het 40 jaar gewerk en kon nie eens soveel pensioen bymekaar maak nie! En hulle is agtergeblewenes wat eers sedert 1994 voordeel getrek het vlgs hulle. Waar kom al die gels vandaan!!!

jakes ·

Hoe lank gaan CR nog ontken dt hy ook maar dieselfde is as sy ander maatjies in die ANC. Nogal snaaks dat albei EFF lede vrouens is? Hoeveel mans het al geswig onder n vrou se mag?

blouapie ·

cr – jy sal moet bontstaan om liegstories uit te dink. Twee wat ins van hoor, hoeveel is daar nog. Jammer hulle het jou nie hof toe gesleep soos vir jz nie!

Sarel ·

Was dit dan nie aan die begin gese toe CR as die messias voorgehou is nie. Hierdie mense is net korrup en kan hulself nie help nie. Die hartseer is net ons eie mense wat die situasie uitbuit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.