Twee veiligheidswagte van die Fidelity Services Group is Sondag doodgeskiet toe hulle ’n afleweringsvoertuig in Langa, Kaapstad, begelei het.
Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, sê die veiligheidswagte het omstreeks 06:30 tydens ’n roetine aflewering stilgehou en in hul diensvoertuig bly sit. Verskeie gewapende verdagtes het die voertuig te voet van agter genader en skote op die veiligheidswagte afgevuur soos hulle verby die voertuig gestap het.
Albei veiligheidswagte is weg van die voertuig gesleep en deursoek.
Die polisie het intussen beslag gelê op die diensvoertuig sodat ballistiese toetse gedoen en vingerafdrukke geneem kan word.
Bartmann het sy medelye met die veiligheidswagte se families betuig en die moorde as sinneloos bestempel.
“Dit is ʼn baie hartseer dag en ons voel dat hierdie vlak van geweld totaal onaanvaarbaar is.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
hierdie “vlak van geweld totaal onaanvaarbaar”, wat steur die anc hulle in elk geval aan sinnelose moorde, maar net nog ‘n geval, maar net nog ‘n dag, maar net nog ‘n statistiek
“hierdie vlak van geweld is totaal onaanvaarbaar,’
Nee, ènige vlak van geweld is totaal en al onaanvaarbaar.
Dit is nie moeilik, maar belangriker as wat miskien besef word, om dinge reg te sê.
Sekerlik een van die gevaarlikste poste om te beklee in ons land. Elke dag is n gawe en wonderwerk as jy na werk jou gesin weer kan sien
Hulle is VERMOOR! Hou op draaie loop oor wat aangaan!
Onantvaarbaar maar niks word daar aan gedoen dis mos net nog n mens se lewe wat geneem is…. word wakker ANC doen niks omtrend dit.