Twee lede van ’n familie is Vrydagmiddag deur weerlig doodgeslaan.
Sipho Hlomuka, KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, sê twee lede van die Buthelezi-familie in Nongoma, sowat 300 km noord van Durban, is gedurende ’n storm deur die weerlig doodgeslaan. Nóg ’n persoon is in die voorval beseer en na ’n hospitaal gehaas.
Die storm het ook gistermiddag ’n aantal huise in Nongoma en Ulundi, sowat 56 km daarvandaan, beskadig.
Die LUR het intussen rampbestuurspanne van die plaaslike munisipaliteit ontplooi om die Buthelezi-familie by te staan en die omvang van die skade in die omgewing te bepaal.
Hlomuka waarsku nou inwoners in KwaZulu-Natal oor die gevare wat die huidige weersomstandighede in die provinsie inhou.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel hewige donderstorms in die distrikte uMgungundlovu, Harry Gwala, Amajuba, uThela en Ugu. Die storm kan moontlik swaar reënbuie, weerlig, sterk wind en hael meebring.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Sterkte aan die Buthelezi-familie. Ek het die koninklike familie jare terug ontmoet.
Baie tragies. Sterkte aan die familie.