Twee van Pta kritiek ná aanval by kitsbank

Argieffoto

Twee veiligheidswagte van die Hillcrest Boulevard-sentrum in Pretoria is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle Vrydagaand verskeie kere met messe gesteek is.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het gesê die mans, albei in hul dertigs, het gaan ondersoek instel ná ʼn wenk dat ʼn lid van die publiek by ʼn kitsbank deur die verdagtes gevange gehou word.

Die aanvallers wou hê die man moet geld uit sy rekening onttrek, maar die veiligheidswagte het te vinnig op die toneel aangekom.

Die een man is drie keer in die bors gesteek, terwyl die ander man twee keer in die rug gesteek is.

Beide mans is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas.

Botha sê dit is onseker of die lid van die publiek in die voorval beseer is, maar onwaarskynlik omdat hy nie mediese behandeling ontvang het nie. Die man was nie meer op die toneel met die aankoms van die nooddienste nie, en het vermoedelik gevlug.

Die provinsiale polisie kon in dié stadium nie klarigheid oor die lid van die publiek gee nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Veritas ·

Maklik om te sê dat niemand alleen in die nag moet gaan geld trek by ‘n ATM nie maar soms kan jy nie anders nie. Indien jy dit moet doen, neem soveel mense saam as jy kan en probeer ‘n ATM kry wat binne ‘n vulstasie kafee is of naby ‘n polisiestasie. Sterkte aan die veiligheidswagte wat probeer help het.

Eps ·

Ek koop selde enige aankope met kontant. Ek trek slegs geld as ek hout koop of om geld te hê vir die parkerings. Gelukkig is ek by ‘n bank met goedkoop kaarttransaksies vir pensioenarisse. Ek doen al my betalings sedert die eerste bankdienste op Beltel beskikbaar was. Ek dink ek is een van die mense wat die privaat elektroniese bankdienste die lankste doen. Ek was al aangehou met ‘n gewapende roof en net my selfoon was gesteel. Dit is absoluut angswekking om deur daardie trauma te gaan. Die grootste gemors is dat dit jou persoonlikheid menswees permanent verander, want jy sien te veel situasies as verdag aan.

Danelle ·

Het die lid van die publiek, vir wie se finansiele welstand die twee wagte ernstige beserings opgedoen het, gevlug??

Willem ·

Daar behoort onmiddelik aandag gegee te word aan die lisensiëring van messe. Die goed is nét so gevaarlik soos vuurwapens indien nie méér so nie.

Michael ·

Willem wapens en messe is nie gevaarlik nie die morone wat dit gebruik vir n ander doel as waarvoor dit ontwerp is hulle is gevaarlik

HB ·

Ag nee rêgtig Willem? En wat van n wet op skerpgemaakte tandeborsels en pikstele? Moenie n krimineel se gebrek aan moraliteit met n wet probeer regmaak nie.

HB ·

Willem, sal jy dan help opstel aan die wet teen skerpgemaakte tandeborsels en glasbottels?? Dit maak my werklikwaar kwaad om te hoor dat daar mense is wat glo die oplossing vir enkele individue se impulse, is die ontwapening van die res van die mensdom.

Dirk01 ·

Dit wys jou net as n krimineel wil kwaad doen sal hy enige voorwerp gebruik, so die MINISTER kan op hou vas haak op vuurwapen eienaars en raad gaan vra by die beroemde Mayor van New York…….hmm dit sou werk maar van bo tot onder is die regering korrup.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.