Twee van Rolex-bende aangekeer

Foto: SAPD/Facebook

Twee vermeende lede van die berugte Rolex-bende is in Sandton, Johannesburg, aangekeer.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes was Dinsdag besig met roetinepatrollies toe hulle ʼn swart VW Golf wat langs die pad parkeer was, opgemerk het.

Die twee insittendes van die motor het verdag gelyk volgens Masondo en die beamptes het besluit om hulle en die motor te deursoek. “Daar is op twee vuurwapens, ammunisie, dwelms, balaklawas, handskoene en messe beslag gelê.”

Volgens Masondo vermoed die polisie die twee is deel van die Rolex-bende wat inwoners in die noorde van Johannesburg terroriseer en dat hulle besig was om hul volgende misdaad te beplan toe die polisie toegeslaan het.

Die vuurwapens waarop beslag gelê is, is vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of dit in die uitvoer van enige misdade gebruik is. Die verdagtes, 26 en 36 jaar oud, sal binnekort in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en dwelmbesit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karolis ·

Goed gedoen, beamptes. Alle eer aan julle vinnige sigbare oordeel.

Pampoen ·

So bly daar is nog op en wakker polisie be amptes wat hulle besig met belangrike sake en daar werk like optree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.