Twee van SA doodstraf opgelê: Families se laaste hoop

Deon Cornelius. Foto: Facebook

Die families van twee Suid-Afrikaners wat in Maleisië die doodstraf opgelê is, se hoop is nou op die Suid-Afrikaanse regering om in te gryp en te versoek dat die vonnisse na tronkstraf omgeskakel kan word.

Deon Cornelius (31) en Letitia Bosman (26) is albei in twee aparte voorvalle in 2013 in hegtenis geneem nadat dwelms in hul bagasie gevind is. Cornelius is in Januarie 2015 en Bosman in Februarie 2015 die doodstraf opgelê.

Cornelius het onlangs sy finale appèlsaak verloor, maar Bosman het nog ’n laaste kans om te appelleer. Die twee het mekaar nie voor hul inhegtenisnemings geken nie, maar het mekaar gedurende hul onderskeie hofverskynings in Maleisië ontmoet en bied nou vir mekaar ondersteuning deur briewe uit die tronk aan mekaar te skryf.

Beide Cornelius en Bosman se ma’s het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle verneem die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het deur die amptelike diplomatieke kanale die Maleisiese regering versoek om die twee se doodsvonnisse na tronkstraf om te skakel.

Volgens Ria Zeelie, Cornelius se ma, het al Cornelius se appèlsake ná sy vonnisverhoor misluk, maar sal hy nou aan koning Sultan Muhammad V skryf om kwytskelding te versoek. “Hy het ʼn prokureur daar wat hom met die regsprosesse gehelp het, maar die prokureur het gesê hy mag hom nie met sy versoek aan die koning help nie. Deon moet self die brief vir die koning skryf en vra vir versagting,” het Zeelie gesê.

Zeelie het haar seun voor sy inhegtenisneming laas gesien. “Dirco sê ons mag hom nie besoek nie. Ek het die man met wie ons by Dirco praat gevra of ek Deon kan gaan sien om hom te groet indien sy versoek om kwytskelding afgekeur word en die doodsvonnis word deurgevoer, toe het hy net vir my gesê hy weet nie,” het sy gesê.

Sy sê sy praat wel ongeveer twee keer ʼn week telefonies met Cornelius. “Hy sê dit gaan goed met hom en die omstandighede in die tronk waar hy nou is, is beter as die tronk waar hy eers was. Hy probeer maar kop bo water hou. Dit sal net soveel beter wees as hy sy tronkstraf hier in Suid-Afrika kan uitdien, dan kan ek hom ten minste besoek. Hy sê ook dit voel nie vir hom die moeite werd om vir die res van sy lewe daar in die tronk te sit en hy kan nooit vir my en die res van die familie sien of ons net ʼn drukkie gee nie.”

Elsie Bosman, Letitia se ma, sê haar dogter kan haar nou tot die federale hof in Maleisië wend om teen haar doodsvonnis te appelleer. Bosman het ook nie haar dogter sedert haar inhegtenisneming gesien nie, omdat dit vir haar finansieel nie moontlik is om haar te besoek nie. “As ek met haar op die telefoon praat, klink dit darem asof sy positief is. Maar miskien klink sy maar net positief om my te laat beter voel,” sê sy.

Sy sê Letitia word in die gevangenis waar sy nou is amper heeldag toegesluit en kry net ʼn halfuur in die oggend om buite rond te loop en ʼn halfuur in die middag om in die binnehof van die tronk te beweeg. “Ai, en my kind was nog altyd so lief vir die natuur,” sê sy.

“Ek kan nie eens foto’s van haar kry nie. As sy in Suid-Afrika is, kan ek haar darem net besoek. Dis is baie moeilik. Die eerste jaar nadat sy in hegtenis geneem is, was hel. Maar die Here hou my staande.”

Nelson Kgwete, woordvoerder van Dirco, het nie op versoeke vir kommentaar reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Gesie ·

Ja kry die doodstraf daar maar hulle mense bring tone en tone drugs ons land in sonder enige nagevolge.

christa ·

Ek is geensins jammer vir hulle nie. Hulle weet wat die gevolge is maar hulle doen dit nog steeds. Sulke mense vergiftig die hele land.

Cherokee ·

Jy voel geensins jammer vir hulle nie. Sê nou jy vind uit dat die dwelms wat in hul besit gevind is, was vir huishoudelike gebruik en nie vir bemarkinsdoeleindes nie? Iets om oor te dink nè.

Cherokee ·

Miskien nie vir huishoudelike gebruik maar reishoudelike gebruik.

Susan ·

Nee wat Cherokee, selfs al is dit vir persoonlime gebruik het ek nie simpatie. Hulle skep die mark ook da

kobus ·

Chrokee, ek glo jy steek die draak… Daar is nog n paar lande waar dwelms heeltemal verbode is, kannie eers huishoudelike gebruik of rysigers verbruik pleit nie. Ek voel half jammer vir hulle, maar hulle het dit oor hulself gebring. Voel baie jammer vir die families.

Jaylo ·

Julle sou nog ‘n kans gehad het as julle anderskleurig was, maar die regering gaan nie’ n vinger verroer om julle te help nie, geen ambassade of niks nie, ongelukkig is dit feite, hulle gee nie eers om vir hulle WETSGEHOORSAME burgers IN SA nie, wat nog te se van mense wat in ander lande met dwelms in hulle besit gevind word. Probeer eerder aan julle kant alles wat julle kan, al moet julle ook nou die koning gaan smeek, MOENIE tyd mors op die SA regering nie, hulle gaan julle nie bystaan nie. Ek voel jammer vir julle, en julle gesinne en families, mag julle vrede vind.

Lee ·

Ek hoop regtig ons Regering doen bietjie moeite vir die twee mense. Maak nie saak hoe die gemors in hulle bagasie beland het nie, hulle is SA Burgers en ons land moet help. Sterkte aan die ouers.

Koekie ·

Stem saam. Ons ken nie al die feite nie. SA moet help dat hul hiernatoe gedeporteer en verhoor word. Sterkte aan die famlilies.

Geen Simpatie ·

Cor daar stem ek 100% saam met jou! Hulle mense daar kry ook die doodstraf. Hulle het presies geweet wat hulle doen en wat vir hulle wag indien hulle gevang word. Ongelukkig is daar mense daar buite met groot “balls”.

Piet Pompies ·

Ek stem saam met Geen Simpatie, in die berig of kommentaar is daar geen melding van families wat vernietig is deur dwelm gebruik, daar is baie meer mense benadeel as gebruikers as die twee wat nou simpatie soek.

Blits ·

hi, weet hulle hoe baie van die mense is onskuldig? as julle al gevlieg het na anne lande sou julle ook geweet het dat van die goed in jou tas geplant word omdat hulle nie hulle eie dwelm mense in die situasie wil sit nie maar eerder n persoon wat beleeft en vriendelik en niks vermoedend is nie. dis juis die mense wat getmerk word vir dit, hulle het my ook al probeer en gese hy sal na my tasse kyk sodat ek gou toilet toe kan gaan, maar ek vertrou nie sommer nie en ekt gese ek sal self na my tasse kyk

Corné ·

Hulle twee word nie gestraf nie; hul ouers, families en geliefdes is die wat ly. Ironies. As jy dood is het jy geen pyn nie; is die wat agterbly wat seer het.

Piet Pompies ·

Die oortredings is ondergaan in lande waar die wette teen dwelms baie streng is en kan geensins met Suid Afrika vergelyk word nie. Dwelms is ‘n pes onder mense en vernietig gesinne en families agv die gebruik daarvan. Uit my oogpunt verdien dwelm handelaars die swaarste straf omdat dit reeds hulle is wat bydrae lewer tot die gebruik en vernietig van mense en familie. Dwelm gebruikers se geld raak op en sal steel en moor om geld te kan kry vir hulle gewoonte.

Boertjie ·

Piet Pompies Ek stem 100% saam, Kry hulle families jammer, maar dink net hoeveel mense se lewens hulle sou verwoes het en dit maak n ketting reaksie stuit die probleem voor dit versprei.

Lida ·

Ai dis so jammer dat die familie deur die hel moet gaan. Ons jong mense verval in die gemors en huil dan kliphard, hul weet hul moet dit nie doen nie. Die geld is dit nie werd, en as hul daarin slag hoeveel mense se lewens word daardeur opgemors.

aP ·

deesdae moet jy sulke lande vermy. op lughawens werk korruptes wat maklik jou tas stukkend steek en iets inprop vir die skelm aan die ander kant . my tas was al so oopgesny teen die ritssluiter af en daar was ‘n holte in die middel asof daar iets in was.

Charl Bester ·

Hul moet vat wat na hul kant kom.Ek wens ons land het dit toegepas
Hul was van plan om ander mense dood te maak en dit net vir geld
Doodstraf is wat hul verdien

Andrea ·

Sê ñou maar net die dwelms is geplant in hul bagasie!!! Dis verskriklik. Ek eis elke keer as ek moet vlieg.

PJ ·

Presies Lida hoeveel ander mense se lewens is gevat deur die goed in te smokkel en hetbaie geld gekry om dit te doen en met die wete dat as hule gevang word dit die einde beteken. Jammer vir die familie wat dit moet deurgaan, Sterkte

Christo Louw ·

Nou wonder mens net hoeveel van en wat hulle aan die mense gekry het. Kyk die mense nie TV nie. Kan hulle nie besef dat hulle gevang gaan word nie?
Het hulle dit willens en wetens gedoen? Indien wel sê ek KRY VIR JULLE.
Jammer net dat hulle families ook hierdeur moet in angs lewe.

Christo Louw ·

Mense wat moedswillig dwelms smokkel verdien die doodstraf. Net so jammer dat dit nie hier in ons mooi land ook geld nie.

LeonC ·

Christo, ek stem saam , hierdie smokkelaars virnietig mense se lewens en families. Gin grenade ons het hiedie doods straf nodig in ons land
Wonder net hoeveel ODs agv van hulle smokel besigheid in die virlede.

Ai ·

Koekie, probleem is dat meeste mense word blootgestel as kinders en kom nooit los van dit nie. Kinders weet nie so mooi wat vir wat gaan nie en redeneer nog nie soos grootmense oor n saak nie. Nie almal het goeie ouers nie. So wie is daar om hulle reg te help waar dit by dwelms kom wanneer die enigste invloed op hulle lewens hulle stoute maatjies is wat vir hulle se dis cool om dwelms te doen?

Laat ek jou se die twee het gesmokkel vir geld. Hulle was nie op n besigheids trip of n familie vakansie nie. Die dwelm handelaars reel met die lughawe security vooraf dat twee persone deur gaan kom. Hulle vang die persoon wat die kleiner hoeveelheid dra en die iemand met n groter voorraad word oorgesien. Oudste trick in die boek en mense weet nogsteeds nie dat hulle net as n scapegoat gebruik word nie. Ons polisie het al meermalige kere mense gewaarsku oor die operasies.

jaco ·

en nou is hulle ook wit, so SA se anti-wit ANC-regering sal nie ingryp en help nie. Hulle is mos maar net wit…

Rentia ·

Ai wanneer gaan mense leer. So hartseer om jou lewe te verloor en jou geliefdes sin te verwoes met hartseer en pyn vir niks

ria zeelie ·

Ai die mense wat so oordeel julle weet noe wat die omstandighede was nie. En mense wat so swart gallig is wat as dit met een van julle kinders gebeur het hulle het foute gemaak en almal het n kaans op n 2 de lewe. Maar julle. Weet God slaap nie !!!!

danie ·

Jy is dood reg, God slaap nie, dis hoekom die twee kriminele gevang is

Helene ·

Liewe Ria, so baie waardering vir jou woorde. Ek het n mooi tiener kleinkind en is so bang dat sy kan verval in al hierdie dwelms. Ons bespeur niks maar ek as ouma lees baie, bestudeer die internet en luister baie goed na ander se kommentaar oor die gebruik van dwelms. Ek waarsku gedurig en is nie so gewild soos die ander ouma nie. Glo my as ek haar vang sal sy dit weet. Ander moet ook maar eerder voor hul eie deure vee. Niemand is te goed om dieselfde met hul kinders oor te kom nie. Jou oortreding is nie groter as myne nie. Verkeerd is verkeerd. Baie van die leiers van ander lande is so magbehep en die doodstraf is n mags vertoon. Dit regverdig nie die oortreder se optrede nie. My ma-hart sit in my keel as ek sou weet my kind se lewe word geneem en ek kan niks daaraan doen nie. Ek wens hulle kan n tweede kans kry. Al is dit dan ook net om hier lewenslank naby familie in die tronk te wees. Mag hulle genade vind en ons bid vir kalmte van Gees vir hierdie ouers. Lekker dag!

Alida ·

Jammer vir ouers maar elke land het sy wette. Jammer hier in SA smokkel hulle die goed sommer op straat want hier is nie wette nie. Die paar wat hier is word verontagsaam. As ons die doodstraf gehad het vir dwelm smokkel sal die Nigeriers 2X dink voor hulle dit aan ons kinders verkoop.

Susan ·

Die van ons wie se kinders nog nie dwase dinge aangevang het nie, is baie gelukkig. Ag, mag hulle maar net gespaar word! My innigste simpatie met die twee kinders en hul families. Mag hul genade vind.
Diegene soos geen simpatie – hoop en bid jou geliefde kind maak nie groot foute nie; “there go I, but for the grace of God”

Lani du Toit ·

net so my liefste tannie….gee jou n stywe drukkie…????

Deon ·

Dwelm muile moet sommer op die lughawens tereggestel word!! Ek dink daardie storie dat bagasie oopgemaak word en dan word dwelms daarin versteek kom net voor in films!!
Hoe gouer daardie euwel uitgeroei word hoe beter!!

Blits ·

Ai mense, julle behoort julle te skaam, positief kan n mens sien dat mese nie lekke weet hoe dinge werk nie, jy as n sagte mense wat maklik gesels en vertrou is juis die lekker vir die klomp, hulle merk jou en as jy op n lughawe is waar die skelms rond beweeg dan sal hulle vriendelik met jou kom gesels en stroop sal uit hulle monde loop, dan as hulle jou vertroue gewen het dan wil jy hou toilet toe of iets, dan se hulle vir jou jy kan gou gaan hulle sal jou tasse oppas en dis die gap wat hulle soek, Hulle het al met my probeer maar ek vertrou nie maklik nie, en ek het gese jammer ek sal self na my tasse kyk en die oersoon het dadelik kwaad geword. hulle soek enkel persone uit omdat die kans groter is om daar reg te kom, dis skelm gewetenlose mense, julle verstaan nie, so dis maklik om die arme jong mense te oordeel, daar word tot mense gemerk en vir hulle gese dat hulle n vakansie gewen het en dan word hulle so ook betrek met n geskenk pakkie wat jy anne kant moet oopmaak,

Tjert ·

Seker 30 minute voor jy in Maleisië land, word vorms uitgedeel wat uitspel dat die straf vir dwelm besit is doodstraf. Dit word baie duidelik ook afgekondig. As jy dit nie geweet het nie, kan jy dit verklaar sonder dat jy eens vervolg word. Dus is dit baie hartseer dat enige persoon sy lewe moet verloor vir iets wat kon vermy gewees het en so persoon op ‘n stadium verkeerde keuses gemaak het! Baie baie sad!!!

Geraldine ·

Ek was met afgryse gevul toe ek die opskrif lees, maar dit het vinnig verdwyn toe ek die woord “dwelms” in die berig raaklees. Dwelms het my lewe hel gemaak, dit het my spogkind in ‘n dief, leegleêr en algehele mislukking verander. Jare se soebat, baklei, huil en dreig het niks bereik. Verslaafde, smokkelaar, verkoper, geen simpatie.

Gielie Hill ·

Hulle was verkeerd om dwelms te smokkel. Maar wat van die sindikate die breins daaragter. Hoekom word hulle nooit gevang want hulle het baie geld en die amptenare kyk anderpad. Wat vir 1 geld moet vir almal geld. Die dwelm bedryf groei net en groei net want die sinkikate word niks aan gedoen nie. Net hier en daar ‘n smokkelaar wat gevang word.

Andre ·

Die “dodelike speletjie” van dwelms begin by ‘n pilletjie vir elke skeet vanaf babatyd!

Daarna volg nikotien, alkohol, dagga, mandrax, cat, (nyaope), lsd, heroien (diefstal, bedrog, prostitusie, roof, en smokkel!)

Dwelms is so ‘n gevaarlike “misdaad” dat daar 32 lande in die wereld is, wat die doodstraf daarvoor oplê!

‘n Dwelmverslaafde word “nooit” weer gesond nie … selfs al weerhou hy/sy hulle van dwelms vir jare!

Dwelmverslawing is soos AIDS … jou enigste kans is om dit te VOORKOM!

SkarrelKind ·

Andre, wat ‘n veralgemening en ook redelik ongegrond. Amper niks is feitlik in jou opinie nie. Daar is baie ander faktore way bydrae. En die een lei nie noodwendig tot die volgende nie.
Gaan lees daaroor.

L. Hugo ·

Die griekse woord in die bybel vir toordery is pharmakeia, waarvan die moderne pharmacy afgelei word. Baie mense is op pille en dwelms. Ek ken baie mense wat handevol pille afsluk, een om te slaap, een om op te staan, een vir dit, een vir dat. Dink daaroor. Wat sê die bybel van toordery en mense wat toordery beoefen. Vind uit.

Mauzi ·

My hart bloei vir daai ouers! Vir die wat so oordeel wil ek net se die oordeel kom julle nie toe nie. Mag julle kinders nooit n oordeelsfout begaan nie,mag hulle nooit dink hulle is slim óf beterweterig nie….mag dit julle nooit oorkom nie. Die maat staf waarmee jy oordeel sal vir jou geoordeel word. Mag die Here verstroosting gee aan elke ouer wat of watter wyse ook deur dwelms hulle kinders moes afstaan

Ralph ·

Does not matter what you all say. Wet is wet. Ons het ook oks eie wette. Pumt

Pen ·

Wette? Watter Wette? SA is Wette loos, kyk maar net na die krimineel wat die land beheee

AL ·

Dis ñ uiters moeilike situasie. My hart pyn vir die ouers. Indien die dwelms geplant was, is dit ñ ander saak.
Maleisië tree reg op om doodstraf op dwelmbesit te doen. Dwelmhandelaars is moordenaars en ek glo vir hulle is daar ñ eie stukkie hel eendag.
Ons jeug (die leiers van môre) word vernietig deur dwelms, verouder vinnig en mors hul lewens op. Daarby sit hul ouers deur hel.
Dwelmhandelaars is gesante van die duiwel wat verslind, verskeur en verwoes.

E ·

Is dit geplant of nie? Hoe kan enigiemand oordeel sonder die feite?

ken benoni ·

En nou is dagga wettig in Suid-Afrika….maar selfmoord is onwettig mits dit mislik, die dinge maak net nie meer sin nie!!!

Ronnie ·

Nee, Ken, die grondwethof moet nog eers die saak aanhoor. Dit is die volgende stap.

Cherokee ·

En (byna) elke kommentator probeer die ander ander ewenaar of oortref met stories oor hoe pas dit dwelmsmokkelaars om tereggestelte word. Maar nêrens soos in nêrens het ek gelees dat daar smokkelhoeveelhede dwelms in hul bagasie gevind is nie. Geen woord daarvan dat hulle skuldig bevind is aan dwelmverspreiding nie. Slegs dat daar dwelms in hul bagasie gevind is. Kommentators kleur die berig toe in met verskillende kleure en vul dit toe met ongesegde stellings.

Ai ·

Dalk moet jy die link volg wat na die eerste berig toe terug gaan- 2kg en hy is skuldig bevind van dwelmhandel. Die Cornelius ou was n sekuriteits wag hier. En sy storie is n Nigerian het vir hom n tas met n skootrekenaar gegee maar die tas het dwelms ingehad.

Weet nie rerig hoekom jy Devils Advocate alewig probeer speel nie.

w ·

Ai mense jul bid vi di doodtraf in SA ma nou is van jul ongelukkig. Wat jy saai sal jy maai. verdien jou geld op n eerlike manier.

PJ ·

kyk mense dit is daai land se wette hulle erg op drugs as die voorval ni n ongeluk was soos dat hul ni geweet ht vani dwelms nie dn sse ek ja bring hul hystyoe maar as hulle wel drugs ingesmokkel ht dn el jammer dn moet hulle di straf drae ek m familielid wt deur drugs verwoes ht vr drug dealers en smuggleea ht ek tyd ni mag God hulle vergewe dan Hy sal as hul darvoor vra

Drikus ·

Hoe durf enigiemand die jong mense veroordeel sonder enige kennis van die werklike feite?

REGSTELSEL ·

Smaak my die LAND SE REGSTELSEL het hulle klaar veroordeel en die DOODSTRAF toegeken, so maak nie saak wat ons menings hierdie kant is nie, hulle is SKULDIG bevind en ter DOOD veroordeel, so hoekom mag kommentators hier nie hulle menings uitspreek nie? Die FEITE is op die tafel, ALLE APPELLE is al uitgeput, dit is net smeek voor die koning wat nog gaan help, dalk moet jy jou hulp gaan aanbied, en se hulle het net ‘n foutjie gemaak!!

L Gouws ·

Liewe genade mense.. Skaam julle..laat die een wat sonder wonde is die eerste klip gooi..jul moet biddend bly dat dit jul nie oorkom nie..

Help 'n bietjie ·

Wat is die klipgooi storie nou? In MALEISIE is die wette tov dwelmhandel, dwelmverbruik, inbring van dwelms ontsettend STRENG. Oordeel of nie, hierdie persoon is klaarblyklik met TWEE KILOGRAM dwelms in sy besit betrap, die REGSTELSEL in daardie land het hom skuldig bevind en ter DOOD veroordeel. Ons spreek net ons mening oor die geval uit, hy is KLAAR ter dood veroordeel, bid of nie bid nie, sy apelle is uitgeput, hulle het alles oorweeg en hy is STEEDS SKULDIG, so as jy dink hy is onskuldig, gaan HELP HOM!

Pieter ·

Dit sal baie sad wees as hierdie dwelms geplant is , maar daar is min of geen manier om dit te bewys nie , en almal gebruik seker daai verskoning .

Sonja ·

Die Bali 9 “comes to mind” hulle almal het ook doodstraf gekry, Australië het alles in hulle vermoëe gedoen om hul twee ouens daar uit te kry sonder dat hulle die doodstraf opgelê sonder sukses, (doodstraf is klaar uitgevoer). Daai klomp aan daai kant van die wêreld vat nie nonsies as dit by dwelms kom nie, as jy daar los kom of net tronkstraf kry soos Schapella Leigh Corby kan jy jouself as uiters gelukkig bestempel. Ek kry mense jammer wat onwetend iets in n tas gedruk is iewers sonder dat hulle geweet het, maar dwelms wetent in te smokkel…jy weet mos wat die gevolge gaan wees en buitendien, dit vernietig lewens, daar het ek geen simpatie nie, kry die families baie jammer.

Marisa ·

Jy sal niks oorkom as jy jou dokter se voorskrif en verslag oor jou toestand in Engels by jou het as jy medisyne moet neem nie. Daarsonder sal jy groot moeilikheid optel by lughawens. Punt.

m ·

Sjoe doodstraf????? Maar hier in hierdie land gaan dit lekker en kriminele word soos beskermde wild behandel. Sterkte aan die familie in hierdie onsekere tyd.

Daphne Muller ·

As jy n vlekvrye lewe het, gooi di eerste klip, ek is ook gekant teen dwelms maar het biddend n saak voor God gele en nooit opgehou bid nie, en vandag pluk ek di vrugte van daai saak!! Prys die Heer, want my God is in beheer van elke saak. Hou aan bid en wys opregte berou, bepleit jou saak by God en laat Hy julle vooruit gaan. Almal kan verander.

R ·

Ek slaan my hande tesame! Hierdie storie het op aarde niks met “wit” te doen nie! Ek kan nie glo dat hierdie 2 soveel simpatie kry nie, terwyl duisende mense se lewens verwoes word agv dwelms. Ek is seker dat, indien dwelms op hulle geplant is en hulle onskuldig is, dit tog in die berig sou staan. Nee mense, hulle het geweet waarmee hulle besig is en verdien maar hulle straf.

Donovan ·

Ek moet se ek is regtig jammer oor die straf wat die twee op gele is, maar as ek met die ander deel van my hard kyk dink ek terug aan die aand toe ek n boesem vriend se seun moes help om in n bodybag te laai nadat hy ge OD het… Geldguurigheid, eie gewin en selfsug word genoem in die Bybel en as ek na n dwelm smous kyk dan sien ek die vrug van hulle dade… Hierdie jong mense was in die fleul van hulle lewe en hulle het n keuse gemaak met die wette wat die gevolge is… Alles in die lewe gaan oor keuses… hulle was seker ook dik op die goed en daarom het hulle nie gedink om die kans te vat nie… Jammer maar die woord verduidelik ons mooi die sonde ly na die dood…

oordeel is nie vir ons nie ·

AI,Oordeel is nie vir ons nie …..
Hoop hulle kry versagtig en kan straf in suid-afrika kom uit dien sterkte vir die familie…

Theo Klopper ·

Mense wie is julle om so klippe te gooi ,het een van julle nog nooit iets verkeerd gedoen nie ,na n ander man of vrou buite jou huwelik gekyk en begeer nie ,of n wit leun vertel nie ,of net iemand se goed gevat nie,gaan op jul knie en vra GOD onvergifnis!!!!

tess ·

Wie is ons om te oordeel? as ouers dink ons, ons maak kinders reg groot, meeste kinders kom uit goeie huise uit. Maar self die goeie kinders word soms vas gevang in groepsdruk, dwelms. Selfs ons liefste kinders kan foute maak. My vraag aan jou is, As dit jou kind was, sou jy nogsteeds die doodstraf aan gemoedig het?

Geskok ·

Hier moet ek ook saam met baie van die mense hier bo stem, voel glad nie jammer vir hulle nie. Al daaraan gedink hoeveel onskuldige kinders regoor die wereld hulle lewe agv dwelms verloor.
So seker net regverdig as dit ook hulle eindbestemming is. Miskien moet ons land ook so streng raak met die oortreding sal dinge dalk baie verander maar ons weet ons land is nie eers streng met moord en ander misdade nie. Sterkte aan die families maar al is mens glad nie belese oor die sake van die wereld nie kan n twee jarige kind seker vir jou so hoe streng hulle in daardie lande met dwelmwetgewing is

Merkur ·

Ek dink aan die twee persone in die tronk en hulle families. Hopenlik word hulle vrygelaat.

Anelle Le Roux ·

Ek voel baie jammer vir die twee se families maar dit sal heelwat beter in ons land gaan as die regering hulle grootmens broeke wil aantrek en strenger optree teen misdadigers. Hulle kom niks oor nie so dis hoekom hulle dit bly doen.

CJ Human ·

As hierdie mense wat die “moenie oordeel nie” deuntjie gedurig sing die wêreld moes regeer was die mensdom lankal in sy peetjie in. Wonder hoe sou so’n wêreld gelyk het waar die bose net vrye teuels gegee word want “ons mag nie oordeel nie”. Wat ‘n nagmerrie!

Weet waardeur hul gaan ·

My seun het oorsee gewerk toe hy terugkom moes hy dokumente vir sy baas oorbring (wat hy al jare lank ken) ongelukkig was sy baas n wolf in skaap klere en my seun is gevang met drugs tussen die dokumente. Hy het 5 jaar gekry toe hy terugkom was hy n ander mens vertrou niemand en het merke op sy rug soos hul geslaan is. Almal is nie altyd skuldig nie sommiges probeer n lewe in die buiteland maak omdat SA nie werk vir hul het nie.

Lydie ·

Hy het dan erken hy het 2kg dwelms gesmokkel vir betaling van $800 en ‘n kans om die wêreld te sien. Waar val die mense wat kommentaar lewer uit net dis geplant?! Hy het geweet hy kon die doodstraf kry maar het voortgegaan. Die ander een, Letitia, se sak moes met ”n skroewedraaier oopgebreek word om deursoek te word en toe begin sy dadelik naarstigtelik en vreesbevange inkriminerende sms’e aan ene Monty (Jaco Boshoff) stuur! “Help! Hulle maak my tas oop Monty! Hulle gaan my tas deursoek!” Erger nog, daar is al byna 300 Suid Afrikaanse dwelsmokkelaars vasgetrek hierdie jaar wat in buitelandse tronke sit!

Werner ·

Die doodstraf moet in elke land ter wereld ingestel word vir besit en handel met dwelms.
Niks met oordeel te doen nie. God sal oordeel. Die euwel moet uitgeroei word. Die doodstraf is gepas dit regverdig wat dwelms doen. Dit stop die duiwel in sy spore. Dis nie versiersuiker nie. Hulle vra genade? Waar is hulle genade vir die slagoffers wat hulle maak! Hulle weet presies wat hulle doen!
Die doodstraf is nie on- Bybels nie.

oni ·

Baie duidelik word mens gewaarsku dat DIE STRAF IS DOODSTRAF. klaargepraat.

Johan ·

Suid afrika kan daar gaan leer – jy weet wat die nagevolge was as jy gevang word nou kla jy

Leyla ·

Ek wens dat hulle nog ‘n kans kan kry om te lewe. Asseblief my Vader in die hemel, as dit U wil is, lei hulle uit die dal van doodskaduwee. Staan asseblief hulle families by en laat almal wat betrokke is U wonderlike vrede en liefde ervaar. In die Naam van Jesus Christus wat gesterf het vir ons sondes. Dankie my Vader, ek het U lief. Amen.

Annatjie Bezuidenhout ·

Daar is nie net hierdie twee nie, daar is honderde in Malaysia en ander lande se tronke. Van alle rasse en ouderdomme. Kom ons bid vir almal. En bid dat julle kinders en familie nie in hierdie strik beland nie. Ons het ook familielid daar. Met werkloosheid, gebroke huwelike, met liefdeloosheid, sonder die Here lewe, is jou kanse baie groter om in daardie strikke te beland. Kom ons maak ons kinders groot met die Here as middelpunt in jou lewe! Ons ouers kan ‘n voorbeeld stel.

AndreK ·

Gaan gesels maar met enige iemand wie se kinders dwelms gebruik, die hartseer is nie beperk tot diegene wat gevang word nie, die nagte se wakker lê en bekommerd wees oor hul kinders, die vele kere wat hul gestuur was vir rehabilitasie, die kostes daaraan verbonde, en dan val hul weer terug, die pyn en lyding en geweldige selfondersoek en selfverwyt oor jy dalk erens verekeerd gegaan het, wat plaasvind … nee wat , die lewe gaan oor keuses, as jy kies om dwelms te gebruik en te vervoer , is dit jou keuse en moet jy die gevolge dra . My leuse was altyd en is steeds dat mense kan doen wat hul wil, maar die gevolge van hul dade moet dra, so as jy uitgevang word, is jyself daarvoor verantwoordelik en moet jy jou straf aanvaar en nie met allerhande verskonings kom nie…keuses, keuses!!

Hannelie ·

Indien hulle dit wetend die land ingevat het, moet hulle die straf volgens die betrokke land se wette respekteer. Daar is egter gevalle waar mense wat na die lande reis, veral Thailand nie bewus is van die feit dat dwelms in hul bagasie “geplant ” kan word nie. Dis baie belangrik om ten alle tye jou oog op jou bagasie te hou voor jou vlug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.