Twee van SA op Britse lys van rykstes

Argieffoto

Argieffoto

Twee Suid-Afrikaners is onder die 20 rykstes ter wêreld volgens die Britse Sunday Times se “Rich List”, ’n lys van die 1 000 rykste mense en families.

Die Suid-Afrikaanse sakemagnaat Nathan Kirsh het 17de plek behaal en is glo sowat R93 miljard sterk, terwyl Nicky Oppenheimer en familie die 19de plek gehaal het met ʼn waarde van sowat R83.6 miljard in hul geldkoffers.

Die Oekraïnse-sakeman Len Blavatnik is bo-aan die lys met ʼn persoonlike rykdom van sowat R240 miljard. Blavatnik, ʼn belegger in verskeie industrieë, insluitend olie, petrochemikalieë en media, was verlede jaar in die vierde plek. Die broers Sri en Gopi Hinduja is ʼn kortkop agter Blavatnik gelys met hul fortuin van sowat R239 miljard.

Volgens die lys het Brittanje se rykste individue en families nou ʼn gekombineerde waarde van net meer as 10,053 biljoen, meer as dubbel die rykdom van tien jaar gelede. Dit is ook nie meer so maklik vir alledaagse miljoenêrs of selfs multi-miljoenêrs om op die lys te pryk nie, aangesien ʼn individu nou ten minste R1,8 miljard (£100 miljoen) werd moet wees om op die lys te verskyn.

Ander bekendes op die lys sluit in Lakshmi Mittal en familie, eienaars van ArcerlorMittal, Roman Abramovich, die eienaar van Chelsea Football Club, en Richard Branson, die entrepreneur agter die Virgin-handelsmerk.

Die eerste 20 op die “Sunday Times Rich List” is:

  • Len Blavatnik (£13.17bn)
  • Sri en Gopi Hinduja (£13bn)
  • Galen en George Weston en familie (£11bn)
  • Alisher Usmanov (£9.8bn)
  • David en Simon Reuben (£9.7bn)
  • Ernesto en Kirsty Bertarelli (£9.45bn)
  • Lakshmi Mittal en familie (£9.2bn)
  • Kirsten en Jorn Rausing (£8.7bn)
  • Die hertog van Westminster (£8.56bn)
  • Roman Abramovich (£7.29bn)
  • John Fredriksen en familie (£7.24bn)
  • Charlene de Carvalho-Heineken en Michel de Carvalho (£7.145bn)
  • Sir David en sir Frederick Barclay (£6.5bn)
  • Hans Rausing en familie (£6.4bn)
  • Mohamed Bin Issa Al Jaber en familie (£5.935bn)
  • Carrie en Francois Perrodo en familie (£5.8bn)
  • Nathan Kirsh (£5.06bn)
  • Earl Cadogan en familie (£4.8bn)
  • Nicky Oppenheimer en familie (£4.55bn)
  • Sir Richard Branson en familie (£4.1bn)
  • Fin24

    ondersteun maroela media só

    Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

    Maak 'n bydrae

    Nou pra' jý

    9 Kommentare

    Peet Schabort ·

    Kan dalk lekker wees maar my gesondheid is meer werd as al daardie rykes se geld saamgetel.

    B.F.Burger ·

    Ek gun hulle hul skatte,maar die Woors van God sê uitdruklik dit is nie die aardse skatte wat tel nie,maar die Hemelse.Vraag is net,wat maak hulle met hul skatte?Wend hulle dit aan om die saak van die Goeie Gewer te bevorder of wend hulle dit aan vir die wêreldse dinge ter bevordering van hulself?Ons moet net een ding onthou,dit wat ons hier op aarde het,is net aan ons geleen deur die Goeie Gewer.Na alles,ons kan niks saamneem na die hiernamaals nie!Vrede en geluk vir hulle toegebid.

    B.F.Burger ·

    Ek gun hulle hul skatte,maar die Woord van God sê uitdruklik dit is nie die aardse skatte wat tel nie,maar die Hemelse.Vraag is net,wat maak hulle met hul skatte?Wend hulle dit aan om die saak van die Goeie Gewer te bevorder of wend hulle dit aan vir die wêreldse dinge ter bevordering van hulself?Ons moet net een ding onthou,dit wat ons hier op aarde het,is net aan ons geleen deur die Goeie Gewer.Na alles,ons kan niks saamneem na die hiernamaals nie!Vrede en geluk vir hulle toegebid.

    HEVW ·

    Christus se die groot waarheid: ” Die lewe bestaan nie uit die oorvloed van besittings nie.” Gaan vra maar hierdie mense self. Christus le baie klem op diensbaarheid. Dit bring lewensvervulling. Niemand is ryker as hy wat tevrede en dankbaar is oor wat hy besit nie.

    jacques ·

    En ek glo nie dat een van hulle gelukkige mense is nie.Ek vind sulke mense afstootlik want hulle almal steel van mense wat nie het nie dis hoe hulle daar kom.

    ediehanna ·

    Ai wil 1 van hul nie n skenking doen nie, al is dit n klein skenking asb

    jacques ·

    Ek meen daai verskriklike ryk mense nie die gewone rykes nie.

    O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.