Twee van SA sterf in vliegongeluk in Tanzanië

Werner Froneman en Des Werner is dood toe die vliegtuig in Tanzanië neergestort het. (Foto: Facebook)

Twee Suid-Afrikaners verbonde aan die U-Dream Global: Cape to Cairo-uitreik-inisiatief is dood toe hul vliegtuig in Tanzanië neergestort het. Des Werner en Werner Froneman was projekdirekteure van die inisiatief.

ʼn Groep tieners van U-Dream Global het in Junie verlede jaar begin om hul eie vliegtuig te bou om daarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Die projek was die geesteskind van Megan Werner, Des se dogter, en is van stapel gestuur om jong mense van Afrika te inspireer. Die tieners het op 8 Julie vanjaar veilig in Kaïro geland.

Hulle het tydens die reis tyd in verskillende lande deurgebring en onder meer jong mense daar ontmoet.

Des Werner en Froneman was op pad terug na Suid-Afrika toe die viersitplek Sling-vliegtuig neergestort het.

(Foto: Facebook)

Die organisasie het in ʼn kort verklaring op Facebook gesê hy is platgeslaan deur die nuus dat daar ʼn “ongeluk van die vlugsteun-vliegtuig was” en dat Werner en Froneman dood is.

“Niemand anders was betrokke in die ongeluk nie.

“Ons doen ʼn beroep op mense om begrip te toon in dié geweldige moeilike tyd. Ons liefde en gedagtes is by Des en Werner se vriende en gesinne,” het die organisasie gesê.

Die vliegtuig het omstreeks 07:30 by die Tabora-lughawe in Tanzanië opgestyg en het kort daarna neergestort, het Peres Magiri, distrikskommissaris van Sikonge, aan die private nuuskanaal ITV gesê.

“Die vliegtuig, wat behoort aan ʼn Suid-Afrikaanse organisasie genaamd U-Dream Global, is in ʼn brand verwoes nadat dit neergestort het. Slegs die enjin en sommige onderdele kon herwin word,” het Magiri volgens Reuters gesê.

Des Werner saam met van die spanlede. (Foto: Facebook)

Die vliegtuig het Tanzanië se lugruim vanuit Uganda binnegekom en was op pad na Malawi. Dit het ʼn noodsein oor enjinprobleme uitgestuur voordat dit van die radar verdwyn het, het Tanzanië se burgerlugvaartowerheid gesê.

Tientalle boodskappe van medelye het op sosiale media ingestroom nadat die nuus oor die twee se dood bekendgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nelia van Zyl ·

My hart gaan uit na Des Werner en die mede-vlieënier se gesinne en familie. Des was ‘n man met ‘n hart vir kinders. Hy het in ons tieners, hul leierseienskappe en vermoëns geglo. RIV

leser ·

ai dis sad om van so ‘n ongeluk kennis te neem, my medelye met families en vriende verbonde aan die ongeluk

? ·

So jammer.
Verstaan ek reg dat dit die vliegtuig is wat die tieners gebou het? Ons gesin het nogal daaroor gesels en gedink dat dit n wonderlike projek is en was bly om te hoor dat hul vlug veilig was.

Jan ·

Het jy regtig gedink konders het diekennis en vaaedigheid omn vliegruig te bou…

Johan ·

Dit is nie die vliegtuig wat die studente gebou het wat geval het nie maar een wat saam hulle gevlieg het.

Jannie ·

Simpatie met die familie van die oorledenes. Ek sê nog altyd; om ‘n vliegtuig in jou agterplaas te bou is nie dieselfde as om ‘n kruiwa of ‘n sleepwaentjie te bou nie. Dis net ‘n kwessie van tyd…

Lana ·

Ai, Jannie. Ek stem saam. Hoewel hierdie mense dit baie goed bedoel het, was die risiko net te groot.
Baie sterkte aan almal betrokke by hierdie baie slegte ongeluk!!

Karla ·

Dit is baie tragies. Des en Werner was beide baie goeie vlieëniers. Die vliegtuig waarin hulle gevlieg het was slegs die “support aircraft”. Die vliegtuig wat geval het is deur professionele vliegtuig tegnici gebou. Die vliegtuig wat die tieners gebou het is reeds veilig terug in Suid-Afrika.

Spikkels ·

Dit was nie die vliegtuig “wat in die agterplaas” soos jy dit noem neergestort het nie dit was ‘n vliegtuig wat deur professionele tegnici gebou was. Die “agterplaas” vliegtuig is veilig en ongdeerd

Rina ·

Lees die artikel dan sal jy sien die “agterplaas” vliegtuig is nog heeltemal veilig. Dis n ondersteunings vliegtuig wat geval het. Elk geval het die 2 mans mos nie in die “agterplaas” vliegtuig gevlieg nie.

Wimpu ·

Des & Werner se dood is n tragedie wat ons & ons kinders van die projek se harte breek – bid saam met ons vir hul families. Jannie net n regstelling – dis nie die vliegtuig wat die tieners gebou het wat neergestort het nie – dis die ondersteuningsvlietuig – professioneel gebou. Die bouprojek was ook onder streng toesig van ingeneurs & burgerlugvaart gedoen.

Arno Scheepers ·

Ai, die mense wat so uit onkunde kommentaar lewer wat afbrekend en negatief is. Die res van ons is super trots op daardie uitstekende kinders.
Weereens sterkte aan alle betrokkenes.

James ·

Daar heers groot verwarring oor die hele “vliegtuigbouery.” Mrense dink dat tieners’n vliegtuig uit niks aanmekaar gesit het – die persepsie gedryf natuurlik deur die hoofstroom media.

Kom ek help julle gou reg – (en ja- ek is SELF ‘n vlieenier van ligte vliegtuie:)

Die “Sling”, is ‘n ligte vliegtuig, gebou na die ontwerpe van verskeie Europese modelle, wat jy op TWEE maniere kan koop:

1. Opsie een: Jy koop die vliegtuig uit die fabriek – aanmekaar gesit en ge-“flight test”. Jy betaal vir die vliegtuig, en al die man-ure om die komponente aanmekaar te sit. Hy vlieg dadelik – van die vloer af.
2. Opsie twee: Jy koop die hele vliegtuig, as ‘n “kit”. Jy spaar geld – want jy gaan SELF die hele “kit”aanmekaar sit. Hoe lank dit jou gaan neem – hang af van die ure wat jy gaan insit. Wanneer hy klaar is, word hy steeds getoets deur ‘n AP (approved person), en dan gee hy jou die papiere.

So, hierdie hele “hype”wat ons tot onlangs gehad het oor die tieners wat hul eie vliegtuig “gebou het” – asseblief tog.

Maroela media wil dalk met “The Airplane Factory” praat oor die komende maande. Hulle bou die “Sling”. En hierdie was nie die eerrste Sling ongeluk nie…..

INA ·

Ek is geskok & hartseer oor die ongeluk & oor die dood vd 2 vlieëniers. Ek wil vir “Jan Publiek” vra om niè kommentaar te lewer wat die Werner dogter aanwys as die bouer vd vliegtuig waarin haar vader & ñ baie goeie vriend gesterf het nie!!! Daar is rèèds soòveel hartseer weens die gebeure; ondersteun liewer àlmal wat emosioneel deur die tragedie geraak word. Die agtergeblewenis moet nog met die lewe voortgaan; moet hul asb nie die wìl om te leef ontneem nie…
My innige simpatie, & sterkte aan àl die agtergeblewenis…

So Jammer ·

James…jou kommentaar is baie ongevoelig. Wat maak dit saak of die vlieg parte vooraf bestel is of wat ookal. Jy weet…ek’t vir Megan skool gegee. Syt nog altyd n ongelooflike veggees gehad. Des en sy vrou het ongelooflik baie gedoen vir ander. Daar sou altyd weer in haar lewe n geleentheid gewees het om haar Biologoe toets te skryf…maar die ervaring watvsy hier gekry het is iets wat mens nie in n handboek sou kon kry nie. Party mense het dit net in hulle om groot projekte aan te pak om die lewens en ervarings van ander mense te verbeter. Ander mense James…soos jy…kies die veilige opsies en float maar deur die lewe.
Megan…sterkte meisiekind. Jou pa was n held en baie sal hom. Moenie ophou om n verskil te maak nie.

Cherokee ·

Om na Egipte te vlieg, was my en mede-vlieëniers se droom. Ons wou vanaf Carletonville na Kairo vlieg, nog voordat die kinders gebore is, en een van my vlieg-vriende, ‘n oogkundige by name Ken Reville, (K$R Optics) etlike jare al oorlede, het dit beplan maar Ken se voorwaarde was dat Fred Frayne, persoonlike vriend, vlieg-instrukteur en lid van die Geheime Diens, saam vlieg. Ek noem Fred se verbinding aan die Geheime Diens omdat hy oorlede is.
Ken is oorlede en Fred het daarna by hom aangesluit en wanneer ons weer ontmoet sal daar lekker gesels word.

regtig ·

Ja jamer oor die ongeluk ek het van die begin afgese kinders bly kinders Mens moet ervaring op bou voor mens met die soort ding gebeur elke brommer op sy eie dr…l

Blommie ·

Jaha James, shames wonder hoe jou lewe is om sulke kommentaar te lewer.
Dis absoluut fantasties dat enige tiener hierdie tiepe drome het, dis net wonderlik dat hulle n verskil pribeer maak, eerder as iemand soos jy wat op jou RUSBANK sit en oordeer.
Maar RIV en sterkte aan almal wat hierdeur geraak word.

Susara du Plessis ·

James, ek stem saam met jou. Daar is struktuur in die lewe, skoolwerk eerste, dan drome en die uitleef van drome. Daar is ‘n rede hoekom daar 12jaar skool lewe is.

Rina ·

Dis nie die kinders se vliegtuig wat hulle gebou het nie. Dis n ondersteunings vliegtuig wat die meisie se pa die loods was, wat geval het..

Rina ·

Lees die artikel dan sal jy sien die “agterplaas” vliegtuig is nog heeltemal veilig. Dis n ondersteunings vliegtuig wat geval het. Elk geval het die 2 mans mos nie in die “agterplaas” vliegtuig gevlieg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.