Twee van SAUK-raad ‘baie na aan Zuma’

Argieffoto

Die DA het Dinsdag gesê hy het met kommer verneem dat die nuwe voorsitter en ondervoorsitter van die SAUK-raad baie na aan pres. Jacob Zuma is.

Phumzile van Damme, DA-LP, het gesê die DA is diep bekommerd oor die aanstellings. “Albei is na aan pres. Zuma en sy familie. Die aanstellings kom nadat hy al vir ʼn maand in besit van ʼn lys voorgestelde kandidate was,” het Van Damme gesê.

Van Damme het bygevoeg die DA is ook bekommerd oor die geskiktheid en onpartydigheid van die nuwe voorsitter en ondervoorsitter.

“Die voorsitter, Bongumusa Makhathini, is ook die voorsitter van ʼn stigting wat deur Bongi Ngema-Zuma, een van Zuma se vroue, bestuur word. Sy nabyheid aan die Zuma-familie is kommerwekkend,” het Van Damme gesê.

“Febe Potgieter-Gqubule, die ondervoorsitter, is baie na aan Nkosazana Dlamini-Zuma en het sterk politieke bande met die ANC. Sy het selfs tydens die onderhoude erken dat sy dalk van die SAUK-raad sou bedank as sy tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) verkies word,” het Van Damme gesê.

“Ons neem kennis dat Nomvuyiso Batyi haar aansoek teruggetrek het. Die portefeuljekomitee van kommunikasie het ooreengekom om ʼn gepaste kandidaat uit die poel van kandidate van die laaste onderhoude te kies.

“Dit is gerusstellend dat daar ʼn paar baie gekwalifiseerde individue op die raad is en ons wens hulle net die beste toe. Die onus rus nou op hulle om standpunt in te neem teen korrupsie en politieke inmenging.”

Die ander lede van die raad is Krish Naidoo, Khanyisile Kweyama, John Matisonn, Mathatha Tsedu, Rachel Kalidass, Michael Markovitz, Victor Rambau, Dinkwanyane Mohuba en Jack Phalane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Helen ·

En hukom is ek nie verbaas nie? Eerlik ekt geweet dit gaan sy maatjies wees!!
Hy doen net wat hy wil en lag alles af!! Urg!!!!

Eish ·

Ja née, die keiser wil ook maar nie n adder of twee aan sy bors koester nie nè.

Johann ·

Wel hoe dan anders? Zuptopia het mos sy eie propaganda masjien nodig? En siende Rooi Oog Clouwdi in die bek geruk is…moes NUMBA WHONE nuwe hand poppe by die Eshaybcee indruk. Soveel van totale mags vertion het wk nog nooit gesien nie! Doen bloot wat hy wil!!!! ONAANTASBAAR!

Koos ·

Miskien verstaan ek nie mooi nie…..die DA was mos ook betrokke by die onderhoude. Het hulle toe hulle monde oopgemaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.