Twee van Secunda mislei glo Sasol

Charles Sydney Hendry Hartman en Eulene Hartman (Foto verskaf deur die Valke)

Charles Sydney Hendry Hartman (63) en Eulene Hartman (61) het Dinsdag in die Evander-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog. Hulle is dieselfde dag in Secunda in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdaad ondersoek.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê klagtes is anoniem by Sasol ingedien dat Hartman Industrial Equipment (Edms) Bpk goedkoper dryfspoele aan Sasol verskaf het. “Volgens die bewerings het die Hartmans die dryfspoele by Omal Automation bekom in plaas van by Festo, soos versoek deur Sasol. Die dryfspoele is uiteindelik in Festo-verpakking aan Sasol gelewer.”

Sekgotodi sê die egpaar word daarvan beskuldig dat hulle Sasol bedrieg het deur dieselfde bedrag te vra vir die goedkoper dryfspoele. “Gebaseer op die uitslag van ʼn oudit deur Sasol is daar bepaal dat die Hartmans die dryfspoele tussen 2011 en 2017 aan Sasol verskaf het.”

Hulle het in dié periode 182 dryfspoele verskaf en 88 daarvan was van Omal, in plaas van Festo. Die Hartmans is die direkteurs van die maatskappy Hartman Industrial Equipment.

“Die beskuldigdes het reeds Sasol terugbetaal. Die saak is tot 8 Junie 2022 uitgestel vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hannes ·

Die berig lees, dat die 2 beskuldigdes al reeds vir SASOL vergoed het, en die skade terug betaal het.
Hulle word egter steeds vervolg, (Iets wat heel waarskynlik reg is)
Floyd Shivambo van die EFF word ook geimpliseer in bedrog, tov VBS Banking” en hy het onderneem om die verduisterde fonse terug betaal.
Dubbel Standaarde hier??.
Hierdie 2 beskuldigdes is blank!. Shivambo swart met politieke bande??..
Sien enige iemand wat ek sien?
Of is ek nou n’ rassis?

Swerwer ·

Verstaan nie mooi wat aangaan nie, hul het Sasol klaar terugbetaal vir die goedkoper dryfspoele (wat dit ook al mag wees)

Misky ·

Ag asseblief, julle gaan aan asof die mense sulke groot bedrieers is. Daar is duisende daar buite en in die parlement wat veel erger misdade pleeg.

Hulle het tien teen een gesien dit is dieselfde spoel en een of ander boetie in tenders kry dubbel die bedrag daarvoor en sny die middelman uit, want dit is wat aanmekaar gebeur. Verkeerd miskien ja, maar glad nie so erg nie.

sopbeen ·

Ja, ek stem saam met jou Misky en seker ook die een wat hulle verkla het.

Blikkies ·

Hierdie twee mense wat nou so jammer lyk is maar net so sleg en skelm as die korrupte leiers van ons land. Skaam julle.

Edward ·

Dalk moet jy eers na al die feite kyk voor jy jou mond uitspoel oor iets waarvan jy niks weet nie en oor ‘n berig wat nie al die feite weergee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.