Twee van ‘stroopsindikaat’ vasgetrek

Foto: SAPD

Twee lede van ʼn vermeende renosterstroopsindikaat is Saterdag in die Hoedspruit-gebied in Limpopo in hegtenis geneem.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die polisie se taktiese reaksie-span het in samewerking met die renostertaakspan ʼn geheime operasie beplan om die verdagtes vas te trek nadat inligting van die publiek ontvang is. Volgens die inligting het die verdagtes op ʼn plaas in die Hoedspruit-gebied weggekruip.

Die beamptes het op die wenk gereageer en op ʼn Polo Vivo met vier insittendes afgekom.

“Toe polisiebeamptes die verdagtes konfronteer, het twee van hulle uit die motor gespring en gehardloop na ʼn Toyota Hilux wat vermoedelik die verdagtes se tweede wegkommotor was. Hulle het weggejaag en hul twee makkers in die Vivo agtergelaat,” sê Ngoepe.

Beamptes het die verdagtes in die Vivo in hegtenis geneem, terwyl ander beamptes die Hilux agternagesit het. Die Hilux is verlate langs die R537 gevind waar dit omgeslaan het, maar daar was niemand in die voertuig nie.

“Daar is tydens die operasie beslag gelê op die twee voertuie, ʼn geweer met ʼn knaldemper, ʼn verkyker, nege patrone, drie messe, drie selfone, sakke, werkoorpakke en ʼn messlyper. Die oorsprong van die voertuie sal deur die polisie se ondersoek bepaal word,” sê Ngoepe.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 37 jaar oud, sal binnekort in die Hoedspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Maljan ·

Nou sal ek verwonderd wees. Was dit nou blanke polisiemanne wat die knape so in die stof laat lê het, was die wereld nou on rep en roer met rassisme beskuldigings.

Anel ·

Waar was die spoorhonde? Hoekom het hulle nie die ander 2 se spoor gevat nie? Nou gaan hulle net terug kom en aangaan waar hulle op gehou het. Gelukkig is daar darem 2 minder.

willem Botha ·

“Lede van n renoster stropings sindikaat” ,so asof jy lidmaatskap kan bekom dit is 2 agterlike skelms wat agter tralies hoort.

Sam ·

Simpel kommentaar die. En Maroela Media behoort die tipe simpel blanke vs swart kommentaar nie eers te plaas nie. Nee man sies!

Diereliefhebber ·

Knap gedaan! Gee hul dieselfde straf as wat die diere sou ontvang het: stroop hulle – van alles. Laat hulle lewenslank sit en prentjies teken van diere.

SjN ·

Goed gedoen, wat n mooi gesig, doen aan hulle dieselfde as wat hul wou doen aan die diere

Ramkat ·

Gebruik dieselfde toerusting en poach hulle. Hoop hulle vang die ander twee ook.

Elizabeth ·

Gebruik hulle werkswyse om uit te vind waar die res van hulle skuilhou.

Ellisras ·

Dit is presies die saak wat ons land se Nasionale Intelligensie moet opvolg. Die sindikate kan verspot maklik binnegedring word. Die grootkoppe moet gevang word die voetsoldate is vervangbaar.

Sorry om te sê ·

Ek dink jy sal op jou rug val om uit te vind wie die”grootkoppe is. Suiwer hesug.

TLC ·

Als goed en wel
Maar more is hul uit op borg van R500
An hul nie voor die tyd ontsnap nie

Johanna Botha ·

Hou duime dat hulle nie uit aanhouding ontsnap nie ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.