Twee van taxi-vereniging dood ná koeëlreën

Die motor is by die Pankop-Pienaarsrivier-T-aansluiting aangetref. (Foto: Verskaf)

Twee taxi-operateurs is Saterdag doodgeskiet kort nadat hulle ’n begrafnis in Pienaarsrivier in Limpopo bygewoon het.

Charles Sibanda en Julius Morifi, onderskeidelik die voorsitter en sekretaris van die Simunye-taxi-vereniging, se voertuig het nog staan en luier en was oortrek met koeëlgate toe dit omstreeks 15:00 by die Pankop-Pienaarsrivier-T-aansluiting aangetref is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê onbekende verdagtes het verskeie skote op Sibanda en Morifi se motor afgevuur voordat die motor oor die kruising beweeg en in nabygeleë bosse tot stilstand gekom het.

Mojapelo sê dit is nie in dié stadium duidelik hoeveel verdagtes betrokke was en of hulle te voet of in ’n motor toegeslaan het nie.

Die motief vir die moorde is ook nie in dié stadium bekend nie hoewel taxigeweld nie uitgesluit kan word nie.

Thembi Hadebe, provinsiale polisiehoof, het intussen ’n dringende beroep op die publiek gedoen om enige inligting rakende die voorval of verdagtes by kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pablo ·

Die motief vir die moorde is nie bekend nie. Die land is n kriminele nes waar die wetsgehoorsame burgers ontwapen word en die kriminele hulle self kan bewapen sonder enige optrede van n korrupte polisie diens.

Hennie ·

Wettelose, geweldadige en kriminele taxi bedryf. Geen reels, geen verantwoordelikheid nie….

Jr ·

Gaaaaappp so what who cares. Gaan aan “ons mense”. Julle doen goed om investor confidence in SA te boost

Baardman ·

Motief is mos nie taxigeweld nie. Die taxigeweld is agv iets anders. Heel moontlik dwelmverwant.

Jakes ·

Geen respek vir lewe of eiendom nie en ook geen morele waardes nie. Wat verweag n mens van n land wat reeds oor die afgrond is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.