Twee van vloot in hof na sambok-aanrandings

Argieffoto

Argieffoto

Twee lede van die vloot sal Vrydag in die Simonstad-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering verskeie fietsryers en ʼn voetganger met ʼn sambok geslaan het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Johannes Horn en Musa Kheswa, albei 26 jaar oud, het in die hof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Volgens Van Wyk is sewe klagtes by die polisie aangemeld.

Die twee mans het glo Saterdag tussen 06:45 en 07:39 in ʼn silwer VW Polo van Mainweg in Kalkbaai na Simonstad gery en fietsryers en voetgangers met ʼn sambok geslaan. “Die voorvalle het op verskeie plekke gebeur en is nie tot een plek beperk nie,” het Van Wyk gesê. Die twee mans sal albei om borgtog aansoek doen.

Lt. Obed Medupe, woordvoerder van die Simonstad-vlootbasis, het gesê die vloot sal geen stappe teen die twee mans doen totdat die verhoor afgehandel is nie. “Sodra die gereg sy gang gegaan het en die hof ʼn uitspraak gelewer het, sal ons besluit of verdere stappe deur die vloot gedoen sal word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius van Niekerk ·

Dis onopgevoede barbare! Ek het amper gehoop dis daai klomp wat die studente aangerand het, wat gearresteer was. Watse nuwe ding is dit nou om mense met sambokke aan te val? Dis rassisties, om die minste te se!!

Eduard ·

Hulle moet aansoek doen vir borg so die 2 barbaarse aanvallers sit in die sjoekie ek voel al sommmer klaar gerus hulle is in groot mooilikheid . Ek sal net graag wil sie wat is die uituinde van hulle straf is . Ek stel ook voor dat hulle a maand lank vir sielkindige waarneming gestuur word want geen normale mens doen so iets nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.