Twee vas 10 jaar ná moord

(Argieffoto)

Twee verdagtes het Woensdag in die Witrivier-landdroshof buite Nelspruit in Mpumalanga verskyn in verband met ʼn moord wat in Februarie 2010 plaasgevind het.

Die saak teen Joseph Nyalungu (56), ook bekend as Big Joe, en Elvis Mulimi (50) is tot 28 Julie uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Hulle word van moord en ontvoering aangekla.

Kapt. Dineo Sekgotodi, Valke-woordvoerder, het gesê Nyalungu en Mulimi is Dinsdag in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike intelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Valke, die taktiese reaksie-eenheid, die spesiale taakmag en misdaadintelligensie.

Willy Shipalane (36) se liggaam is in Februarie 2010 in die Bosbokranddam gevind. Die verdagtes is destyds vir ondervraging ingeneem, maar niks het verder van die saak gekom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Prikkie ·

So die gereg is darem nie heeltemal aan die slaap nie.

Dankie manne en vroue van die langarm!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.