Twee vas byna ʼn jaar ná bejaarde se moord

Dirkie van der Merwe. Foto: Verskaf

Dirkie van der Merwe. Foto: Verskaf

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dirkie van der Merwe (82) van Ottosdal in Noordwes, byna ʼn jaar nadat haar liggaam op 27 Februarie 2016 in haar huis gevind is.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Joy Henneck (34) is Vrydag in verband met die moord in hegtenis geneem. Die tweede verdagte, Jorden Olihile (25), is Maandag in Ottosdal vasgestrek.

“Die twee verdagtes het Dinsdag in die Ottosdal-landdroshof verskyn. Hulle albei bly in polisieaanhouding tot hul volgende verskyning op 7 Februarie wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen,” het Moleko gesê.

Sy het gesê Henneck en Olihile het Van der Merwe na bewering geken. Die twee sal op aanklagte van moord en huisroof tereg staan.

Andries Engelbrecht, Van der Merwe se skoonseun, het destyds aan Maroela Media gesê sy skoonma het alleen in ʼn huis op die dorp gewoon nadat haar man jare gelede dood is. Hy het gesê Engelbrecht se tuinwerker het die oggend van 27 Februarie onraad vermoed toe hy gesien het daar is geen beweging in die huis nie en dat die voordeur oopstaan.

Die tuinwerker is na die apteek in die dorp waar een van Van der Merwe se drie dogters, Laetitia, as apteker werk. Kort daarna het familielede op haar liggaam afgekom. Sy is vermoedelik die vorige aand versmoor en verwurg.

Kontant uit Van der Merwe se beursie, haar selfoon, trouring, horlosie en bronsmunte uit ʼn spaarvarkie was vermis.

Engelbrecht het Woensdag aan Maroela Media gesê die familie is baie verlig dat daar uiteindelik vordering met die saak gemaak is. Hy het gesê hy is nie seker of die verdagtes ook aan Van der Merwe se familie bekend is nie, maar hulle sal wel die hofverrigtinge bywoon om dit vas te stel.

“Dit was nou ʼn lang tyd van geduld en hoop, maar die speurtak het net bly sê ons moet nie moed verloor nie, die skuldiges sal wel opgespoor word. Ons is dankbaar teenoor die mense wat aan die saak gewerk het en steeds werk,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AL ·

Rassistiese moord! Die arme bejaarde weerlose vrou het geen kans gehad nie!

BOLANDER ·

AL, DIT IS BAIE ERG. HULLE VERMOOR DAN BEJAARDES WAT IN ROLSTOELE SIT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Iemand moet iets doen, maar wie???? Wil iemand nie asb vir my antwoord nie!!!!!!

RIV ·

Ai siestog, dit is so wreed, nog erger omdat dit bejaarde mense is wat geen weerstand kan bied nie. As dit net ‘n roof was, kon hulle tog net wat wat hulle wou (spaarvarkie – regtig?) watter bejaarde dame kan haarself teesit teen twee volwasse manne. So jammer oor julle verlies, maar terselfdertyd bly hulle is gevang, hoop regtig net hulle kry ‘n gepaste vonnis, dat hulle nie weer oor ‘n paar maande op straat rondloop nie.

Annie ·

Gaan aansoek doen vir borg – ha ha ha ha – hulle moet sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.