Twee vas ná 3 in brand sterf

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Drie mense is dood nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure in ʼn rondawel in die Mbongolwane-gebied in KwaZulu-Natal geskiet is en die gebou toe aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind terwyl vyf mense in die rondawel geslaap het. “Hulle is deur onbekende verdagtes aangeval. Daar is op hulle geskiet en die gebou is aan die brand gesteek,” het hy gesê.

Volgens Zwane het drie mense tussen die ouderdomme van 30 en 50 jaar gesterf, terwyl twee ander ernstig beseer is. Die twee oorlewendes is na ʼn hospitaal gehaas. “Ons kan nie tans bespiegel oor die motief vir die aanval nie, aangesien dit steeds ondersoek word,” het hy gesê. “Twee mense wat vermoedelik by die skietery betrokke was is ingeneem vir ondervraging.”

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kalm te bly en die polisie toe te laat om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.