Twee vas ná ‘aanval’ by winkelsentrum

‘n Skermskoot uit die video wat op sosiale media versprei word.

Twee mans wat na bewering op video vasgevang is terwyl hulle ʼn ander man aanrand by ʼn winkelsentrum in Randfontein aan die Wes-Rand is in hegtenis geneem.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Saterdag na die Tambotie Mall ontbied. Twee mans, onderskeidelik 20 en 25 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Beeldmateriaal wat intussen op sosiale media versprei is wys hoe ʼn groep mans glo ʼn ander man aanrand voor die Mugg & Bean-restaurant in die winkelsentrum.

Volgens Ernst is ʼn saak van aanranding by die Randfontein-polisie aangemeld. “Dit is duidelik in die video dat die verdagtes ʼn slagoffer aangerand het.”

Die twee verdagtes is reeds Sondagaand op borgtog vrygelaat. Ernst kon egter nie die borgtogbedrag bevestig nie.

Die verdagtes was veronderstel om Maandag in die Randfontein-landdroshof te verskyn, maar die saak is nie op die hofrol geplaas nie. “Ons is besig met verdere ondersoek en verklarings word van getuies afgeneem.”

Die bestuur van die winkelsentrum het in ʼn kort verklaring gesê hy is bewus van die beeldmateriaal wat op sosiale media geplaas is. “Die polisie was op die toneel en hanteer die saak. Tambotie Mall veroordeel die daad van geweld wat op sy perseel plaasgevind het,” lui die verklaring.

Jacquie Schultz, bemarkingsbestuurder van Mugg & Bean, het ook bevestig dat dié groep bewus is van die voorval. “Die beeldmateriaal wys glo hoe omstanders in ʼn fisieke onderonsie betrokke is buite die restaurant. Die bestuur van die Mugg & Bean het nie die voorval aanskou nie en die restaurant se personeel en klante was nie betrokke nie.”

Brig. Mashole Manamela, bevelvoerder van die Randfontein-polisiestasie, het mense gewaarsku om nie reg in eie hande te neem nie. “Ons gemeenskappe moet ook versigtig wees om rassekonnotasies te heg aan misdaad. Misdaad raak almal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter Swart ·

Only half the story on camera as usual and everyone already knows who did what and for what reason. Assumption is mother of all chaos.

Leahim ·

Ek kan nie verstaan , ek dink almal weet nou al van die kfc geval en doodskis twee as die manne skuldig bevind word aan aanranding gaan hulle n kriminele rekord he vir altyd dit beteken geen ordentlike werk ,geen vuurwapen lisensie om jou gesin te beskerm nie en geen immigrasie na n ordentlike land.

Leeu ·

“moenie rassekonnotasies maak nie” sê vir my duidelik wie die krimineel was.

Gert ·

Die blankes wat so graag mense aanval moet gestraf word en andersom !!

Boerseun ·

Hoekom nie die woord mense in stede van blankes gebruik? Kan net my kop vir jou kommentaar skud

B-man ·

…en die video is só, dat die aangeklaagdes nog skuldiger moet lyk. Sal wil sien wat oomblikke voor die voorval gebeur het.

Francois le Cochon ·

Maak dit saak. Vir my lyk dit na 5 teen 1. Sou 1 persoon 5 mense aanvat?

Johan ·

Lag-lag simpelste opmerking hier. Mense word daagliks in omstandighede ingedwing waarbinne hulle hulself moet laat geld. Hul soek nie daarvoor nie. Dis deel van die die straf vir die epies onnosele JA! stem wat die nageslagte moet dra.

G ·

Presies Johan. En dan word die ‘1’ nog vir die dood agtergelaat ook, dis nou te sê as die persoon nog lewe nadat daar warm olie op hom of haar uitgegooi is, of kruise deur sy/haar kop gedruk is ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.