Twee vas ná aanval op Tafelberg

Silvermine-dam (Foto: Kaapstad Toerisme)

Die polisie het ʼn deurbraak gemaak met die inhegtenisneming van twee verdagtes wat moontlik verbind kan word met ʼn aanval op Tafelberg waartydens nege stappers beroof en vyf van hulle met messe gesteek is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê die verdagtes, onderskeidelik 18 en 32 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem nadat identikits van hulle saamgestel en wyd versprei is.

Maroela Media het vroeër berig die groep stappers het op 13 Januarie op die gewilde Silwermyndam-roete gestap toe twee mans wat hulle as stappers voorgedoen het by hulle aangesluit het.

Die groep was glo aanvanklik versigtig vir die twee mans wat eers ná 30 minute toegeslaan het. Twee vroue en drie mans is met messe gesteek. Een van hulle het ernstige beserings opgedoen.

Van die stappers is lede van die Wildernis-soek-en-reddinggroep (WSAR).

Die verdagtes het Dinsdag vir die eerste keer in die Muizenberg-landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico K ·

Baie goeie nuus. So nou en dan doen die polisie darem goeie werk. Ek dink nie die twee het ooit gedink hulle gaan gevang word nie.

PJC ·

Ek dink nie enigiemand behoort meer ongewapen op enige deel van die reservaat te gaan stap nie. Indien mense nie hulself wil bewapen nie behoort hulle ń wag te kry om hulle te vergesel.

Onnie ·

Polisie nie noodwendig so hard gewerk om die skelms te vang sodat Ons kan veilig wees as ons daar ontspan of stap, as wat hulle dit gedoen het om die toeriste te paai wat nie meer kaapstad\tafelberg wil besoek en hul dollars hier spandeer nie!!!

Nie wat liberales wil he ·

Die liberales gaan kla dat die twee jong manne se menseregte geskend was, en sal hulle graag binnekort weer die vryheid wil gee om deur die mooi berge te stap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.