Twee vas ná bejaarde paartjie se gru-moord

Die twee verdagtes. Foto: SAPD

Die twee verdagtes. Foto: SAPD

Die polisie het blitsvinnig twee verdagtes vasgetrek nadat twee bejaardes se liggame Woensdag in hul huis gevind is.

Lt. Juanita Coetzer, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn bejaarde paartjie, onderskeidelik 73 en 62 jaar oud, se liggame is met talle steekwonde in hul huis in Boksburg aan die Oosrand gevind. Dit is nie duidelik waarmee hulle gesteek is nie. Die man en vrou was glo nie getroud nie, maar het jare lank saam gewoon.

ʼn Skoonseun van een van die bejaardes het bekommerd geraak toe hy hulle nie in die hande kon kry nie en is na hul huis om ondersoek in te stel. Daar het hy die deur oopgebreek en hul liggame in die huis gevind. Die paartjie se silwer Honda Jazz was ook weg.

“Die speurders het vanaf gistermiddag [Woensdag] sonder ophou gewerk en die eerste verdagte is Woensdagaand in Reigerpark vasgetrek. Hy is 23 jaar oud,” het Coetzer gesê. “Die Honda Jazz is ook in die Joe Slovo informele nedersetting gevind nadat dit in ʼn botsing betrokke was.”

Die tweede verdagte is Donderdag omstreeks 14:00 ook in Reigerpark in hegtenis geneem. Hy is 22 jaar oud. “Ons kan nog nie die moontlikheid van verdere arrestasies uitsluit nie. Die polisie is steeds besig met die ondersoek en dit is nou in ʼn baie sensitiewe stadium,” het Coetzer gesê.

Die paartjie se name kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien al hul familie nog nie van hul dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kaspaas ·

Demokrasie hard aan die werk, Dankie Pinnochio De Klerk en al jou vriende.

Jacques ·

Ek sien hulle word al klaar beskerm want ons mag nie sien hoe lyk hulle nie.

Jacques ·

Die een kan ek sien sit baie en planne maak, sy broek is al deur gesit agter, hy is seker die baas.

ladybug ·

Dis nou goed en wel dat die gemors agter tralies is, maar die twee ou mensies is reeds weg …

Bring die doodstraf terug, dis al wat ek kan sê!

pop ·

Mnr De Klerk is seker die mees gehate man onder sy eie mense, maar ek hoor nou die dag werkers se hulle is kwaad vir hom want dit was beter 20 jr terug. I rest my case

Blom ·

en hulle sal seker net 6maande tronk toe gaan daarvoor en dan weer uitkom….net om verder te moor en te verkrag! Gemors!

peet J ·

Die twee bejaarde mense aangeval beroof en vermoor ek vra wanneer gaan hierdie ANC regering met hulle president besluit om hierdie moorde op die witmense daadwerklik stop te sit, om te sê die verdagtes is vinnig inhegtenis geneem beteken niks wat van die menslike verlies onskuldige mense wat op so ‘n dierlike manier aan hulle einde moes kom asgevolg van nikswerd kriminele wat soos parasiete kom teer op ordentlike opgevoede mense .

Dick Brummer ·

N leeu is geskiet met n enjele skoot. Dis voorblad nuus en dieselfde dag kom die wereld in opstand.

2 twee bejaardes word vermoor met veelvoudige steekwonde…doodgebloei in n roepe na hulp. Die moordenaars ry doodluiters weg met die paartie se honda en cel fone en dit word on fynskrif op blsdsy 2 van die Beeld gedruk. Wat het van ons waardes geword.? Carl en Tinkie ons gebede is met jul mag julle rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.