Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat ʼn 77-jarige vrou oor die naweek in haar huis in Humansdorp in die Oos-Kaap oorval en beroof is.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is Saterdag omstreeks 22:00 deur drie verdagtes in haar huis in Voortrekkerstraat oorval.
“Die verdagtes het die vrou vasgebind en op kontant aangedring. Hulle het juweliersware en ʼn rewolwer gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het. Die slagoffer is eers die volgende oggend deur een van haar werkers gevind nadat die werker na haar gaan soek het,” het Swart gesê.
Speurders en polisiebeamptes het sedert die huisroof verskeie leidrade opgevolg wat Dinsdag om 23:50 tot die inhegtenisneming van twee verdagtes gelei het.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, sal na verwagting Donderdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.
Die polisie is op die spoor van die derde verdagte.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dankie – uitstekende werk
Baie mooi!!! Trots op julle!!
10/10! Ek hoop die gemors sit lank in die tronk. Hulle moet die kapenaars uitlos die SAPD in die kaap vat nie bollie nie. Hier in Gauteng is van die polisielede (let wel ek se sommige) die grootste skelms. Hoop die tannie is Ok. Shame man.
Dankie polisie, maar nou is dit die regsisteem se werk om die gemorse weg te bere vir baie lank.
Mooi SAP! Dankie vir jul goeie diens. Soos die kriminele geharder raak, sal die volgende slagoffer dalk met sy lewe boet!