Twee vas ná betogers metro-eiendom brand

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek. Foto: ANA

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek. Foto: ANA

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings Donderdagaand in die Refilwe informele nedersetting buite Cullinan, oos van Pretoria, waartydens ʼn munisipale kantoor en talle voertuie afgebrand is.

Konst. Conny Moganedi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, is van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging aangekla. Hulle sal binnekort in die Cullinan-landdroshof verskyn. Volgens Moganedi word nog inhegtenisnemings verwag.

Maroela Media het vroeër berig die geweld het uitgebreek nadat beamptes van die Tshwane-metropolisie en die Rooimiere inwoners van die township se Marikana-uitbreiding 5-gebied verskuif het aangesien hulle die gebied onwettig beset.

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek. Foto: ANA

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek. Foto: ANA

Die betogers het strate met klippe, stompe en brandende bande versper, voordat hulle na die munisipale kantoor opgeruk en die gebou en voertuie aan die brand gesteek het. Die groep het ook private motors aan die brand gesteek en polisievoertuie met petrolbomme en klippe bestook.

Die SAPD en Tshwane-metropolisie het Vrydag heeldag die gebied gemonitor en teen laat Vrydagmiddag het Moganedi bevestig dat die situasie kalm is.

Selby Bokaba, die munisipale woordvoerder, het die betogers se optrede as “barbaars” bestempel en beklemtoon dat die verwoesting van munisipale eiendom noodgedwonge tot ʼn verswakking in dienslewering sal lei. “Die munisipale owerhede is stomgeslaan en verstaan nie hoekom betogers hul woede op die instrumente van dienslewering uithaal eerder as om vreedsaam te betoog nie,” het Bokaba gesê.

“Ons doen ʼn beroep op inwoners om die behoorlike kanale te gebruik om hul ontevredenheid aan te spreek en nie oor te gaan tot onwettige optrede en die vernietiging van eiendom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

M A ·

Hy is stomgeslaan? Hoekom? Dis dan hoe dinge deesdae gedoen word.

snoefie ·

hoekom word hulle ten eerste toegelaat om in dorpe en stede waar hulle nie munisipale belasting en dienste betaal nie te betoog teen enuge iets? ten tweede. net twee gearresteer terwyl hoeveel betoog het ? derde hoekom mag hulle betoog as hulle wederregtelik gaan plan op grond wat nie aan hulle behoort nie? die regte eienaar moet hulle huur laat betaal.

snoefie ·

nog iets, hoekom word betogers toegelaat om te staak en amok te maak teen die munisipalieit sonder dat hulle geldige, op datum betaalde munisipale rekeninge kan voorle? het niemand hulle vertel as hulle nie betaal nie dan kan die munisipaliteit nie BEKOSTIG om diens te lewer nie?

Lance ·

Ek glo nie eers die wat so brand en breek het al ooit vir dienste of belasting betaal nie .. word ook nooit gevang nie ….PATETIES !

Robby ·

Ons kan iets leer by hierdie stakers. Ten minste DOEN hulle iets omtrent hulle situasie. Onthou asb hulle het niks. Nie karre en huise soos jy nie. Hulle kinders eet pap en droe brood 3 maal per dag. Nie Mc D’s ne Kentucky soos jou kinders nie. JY koop ‘n huis lekker naby jou werk. HUlle is deur apartheid uitgeskuif na woongebiede ver buite die stede. En terwyl jy nou so lekker komentaar lewer op jou Lap-top in die gemak van jou sitkamer voor jou TV met jou slap-tjips en Russian op jou skoot – dink asb aan die mense in die koue sonder krag en toilet soos jou kapitalistiese self!!!

Koos ·

Robby ek respekteer jou opinie maar stem nie saam n mens met n gesonde verstand is waar jy wil wees ek kan nie bekostig om tien kinders te hê nie want dan moet hulle ook brood eet net eenmaal ‘n dag .Ek kan nie die skool afbrand omdat ek nie skoolfonds wil betaal nie .Ek kan nie aanhou stem vir ‘n politieke party wat nie sy beloftes nakom nie en verwag dinge gaan beter word nie.Ek kan nie vir die volgende eeu apartheid die skuld gee vir my tekortkominge nie.Ek kan nie vir altyd bakhand staan want iemand skuld my nie nee ek moet my hande uit my sakke uithaal en werk met my hande en my verstand gebruik om my eie situasie te verbeter.

Cherokee ·

Robbert, vertel ons wat doen jy vir hulle behalwe om vuurhoutjies te verskaf. Vertel wat doen jý vir jou helde.

rr ·

Hierdie mense moet besef hoe meer hul vernietig hoe minder kapitaal . Die staat se geld- koffers word leeg.

Jan maak n plan ·

Twee stukkies raad – eerstens vir die betogers, moenie privaat mens se goed verniel nie, dit doen julle saak net nog meer skade aan en tweedens aan die ene Seleby Bokaba, jy kan nie sê die betogers se gedrag is barbaars nie netnou is jy ook by die MRK – aag sjaks daar maak ek toe n fout. Daar gebeur mos niks met hulle as hulle n Penny trek nie ne.

Cherokee ·

Maroela, jûlle en jul meeganers is deel van die probleem. Moet nie hulle betogers noem nie maar praat van hulle as brandstigters soos dit hoort.

snoefie ·

Robbie Robbie Robbie. wat die apartheid revering gedoen het was meestal verkeerd.wat hulle gedoen het was ook uit hebsugtige gedoen. die stakers sal soveel meer aan hulle situasie kan doen as hulle ophou loop en Kinders mask en begin betaal vir wat hulle wil he. keur jy hulle vandalisme gebore uit begeertes en hebsug goed? ek sou jou graag wou hoor asjy jou werk aan hulle moes afstaan of as hulle hebsugtige polka jou eiendoms verwoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.